Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Dialoog is in die lug – kan dit ’n ’94-uitkoms bring?

Diep kommer oor die situasie in die land, op die regte plekke, het ’n klimaat vir dialoog geskep – dis in die lug.

Barnard Beukman

Op verskillende plekke word daar – soms lomp en versigtig, meermale vinniger en berekend – gepoog om weer ’n versoeningsdialoog aan die gang te kry. Maar met ’n sterk fokus daarop om eens en vir altyd lewenswaardigheid vir mense te vestig.

Toe geweld en basiese regeringsorde in die 1980’s buite beheer begin raak het, het heelwat verkennende dialoog gelei tot uiteindelike hoofstroom-ooreenkomste.

Verkeerdelik is geglo met Nelson Mandela as medestigter van die nuwe staat en ’n “supergrondwet” is die werk wat vertroue en versoening betref afgehandel. Onder meer gevoer deur ekonomiese siklusse, swak regering, staatskaping en berekende aanhitsing het die kloof van wedersydse agterdog egter weereens verdiep. Ook wanbegrip en onsensitiwiteit oor die impak van apartheid op diegene aan die ontvangkant daarvan.

Een van die verbeeldingrykste inisiatiewe, net voor 1994, was die nasionale vredesinisiatief met strukture tot op grondvlak in elke stad en dorp. En kontak oor alle grense heen was hoogmode. Dit alles het op verskeie plekke soos suurdeeg gewerk, wat die land van die rand van die afgrond deur verskeie momente getrek het tot stabiliteit.

Tans beleef ons weer ’n uiters ongedurige fase. ’n Groot stabiliseerder het inderdaad die presidensie oorgeneem, maar daar is vir hom geen genade nie. Soos ook vir enige persoon wat probeer om ’n gemeenskaplike staanplek vir realisme en vooruitgang te skep.

’n Groot stabiliseerder het inderdaad die presidensie oorgeneem, maar daar is vir hom geen genade nie.

As ons land ooit in enige fase sedert 1652 deur beroepspolitici versaak is, is dit juis nou. Hul energie is gerig op interne twiste in hul partye om plek op kandidaatlyste te kry.

Op die prinse kan ons nie vertrou nie. Al moet daar onvermydelik ook met diegene in regeringsposisies gepraat word.

Tog is daar velerlei hoopvolle inisiatiewe – grootliks agter die skerms nog – waaraan, ja politici wel, akademici, burgerlike leiers, kultuurleiers, juriste, onderwysleiers en ander begin deelneem. Oor ’n verstommende breë spektrum is Afrikaanse rolspelers ook betrokke. Maar op ’n ander plek weer ’n swart voormalige staatshoof wat verrassend ingryp. Om voorlopig as spreekwoordelike vlieg teen die muur te oorleef moet die gejeuk van vingers op die toetsbord, om meer te skryf, vir nou weerstaan word.

Die belangrike is egter dat dit selfs nie net aan hulle oorgelaat kan word nie. Op elke moontlike plaaslike vlak moet gewone individue inisiatief neem dat daar geluister en gepraat kan word. En sommer daar en dan iets gedoen word. Dan trek ons die wa dalk vir goed deur die drif.

  • Hoe? Begin net..

.beukman@beeld.com.

    Meer oor:  Versoenings  |  Dialoog
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.