Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die ‘beautiful game’ verower harte in SA
Martie Retief Meiring

Dis ’n vreemde toeval: ’n Jong sokkerspannetjie verower die wêreld se harte deur hul aangrypende oorlewing in ’n grot.

En nie te ver daarvandaan nie gryp volwasse sokkerspelers in helder sonskyn die wêreld se opgewonde aandag deur hul vertoning in die sogenaamde beautiful game se grootste toernooi.

Sokker . . . Jy’t dalk gedink politici is ekshibisioniste, maar nou weet jy: Feitlik niks oortref sokkerspelers se dramatiese beserings, waansinnige juigspronge ná ’n doel of die op-die-knieë-seil voor die toeskouers nie.

Sokker-choreografie is nie ’n instinktiewe vertoning nie. Dis drama, dis politiek en dis veral absoluut deursigtig. Die Argentyne word glo as die meesters van dié pyndrama beskou.

Volgens die skrywer Tom Ashton het die Baske en Katalane die spel hartstogtelik aangegryp, dit selfs soos oorlogvoering bedryf, veral in die Spaanse burgeroorlog.

Die beautiful game, soos van digters tot rampokkers dit noem, het hier in ons op-vir-rugby-land tuisgekom. Zuma-siek, Moyane-sat, Malema-voos, Mpofu-mal het ons regte helde gekry. België se “opstanding” het gemaak dat ons amper nie ons poeding kon afsluk oor die hartseer dat hulle dit “nie gemaak” het nie.

Jare gelede was ek op ’n Europese vlug waarop ’n klomp dronk Engelse sokkerondersteuners moles gemaak het.

En deur die toernooi is ons deur ou sokkerliefhebbers vertel van die wonder van Pelé en Maradona (wat onlangs in Rusland met sy paviljoen-optredes amok gemaak het), van die opkoms van Ronaldo, Messi en selfs ’n stout Wayne Rooney. Om dan ook nie van George Best te vergeet nie. Self was ek op die sierlikheid van ’n Zinedine Zidane verlief. Selfs gek oor David Beckham.

Jare gelede was ek op ’n Europese vlug waarop ’n klomp dronk Engelse sokkerondersteuners moles gemaak het.

Die droesem van beskaafdheid het gegil, aan jou gevat, gelag, gevloek en die lugwaardin betas. Daarna het sekere rederye geweier om Engelse sokkerondersteuners aan boord te laat.

So het die beautiful game sy dinges gesien. Hooligan-toeskouers het rassistiese aapgeluide en bewegings begin maak, mekaar gemoker en die polisie langs die sokkervelde het meer sigbaar as amper die spelers self geraak.

In 1989 het die gedrag van Liverpool- en Nottingham Forest-ondersteuners bygedra tot die Hillsborough-ramp, waarin bykans 100 mense dood is en honderde meer met erge beserings in die hospitaal opgeneem is.

Sokkerliteratuur verkoop altyd goed. Boeke oor die sielkundige voorbereiding blyk sokkerklubs se bybels te wees.

Jou flinke reaksie, jou mooie lyftaal, doelskieters wat deur die lug sweef, jou vinnige skoppe, jou kopskote – alles bewegings wat goed bestudeer en goed gefundeer moet word.

Dis baie soos oorlogvoering, veral om vorstelik te lyk en te wees.

Sondag is alles verby. Ek is hartseer, ’n bietjie bekaf daaroor. Dit het dan net op die regte tyd plaasgevind. Vir ons, altans.

Meer oor:  Martie Retief Meiring  |  Sa  |  Sielsgoed  |  Mening  |  Sokkers  |  Beautiful Game  |  Sport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.