Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die donker wolk kry ’n Cyril-randjie
Blouwillem

Sjoe, mense, wat ’n week! Uiteindelik is Nommer Twee nou Nommer Een en die ou Nommer Een tydelik sonder nommer. Dit behoort eersdaags reggestel te word.

Madiba se tronknommer daar op Robbeneiland was 46664, so oom Jakob kan verwag om omtrent namma hundred and umty thousand and one and twenty te wees.

Al hoe hy nié daai nuwe nommer gaan kry nie, is as hy in die hof pleit dat hy aan Alzumers ly ­(dis is as jy nog alles anders onthou, maar vergeet wat jy verkeerd gedoen het).

Dis ook anders as die siekte wat my tannie Natie in haar 99ste jaar “Heimer” genoem het (dis wanneer jy nie Alz onthou nie, maar net die helfte van Alz).

Kan dit vir enigiemand snaaks wees dat Shaun the Sheep nou so lustig besig is om al Nommer Wat Ook Al se vorige kamerade te vervolg? Natuurlik nie!

En wie gaan vir Shaunie vervolg oor die Groot Versuim van die verlede? En vir die Valke (wat skynbaar baie stadiger as skerpioene is) kan ’n mens tereg vra of hulle nou rêrig gedink het dat die spul Kroektas en Doedoe, hul agter­ryer, ewe gedweë daar in Bloemfontein by die hof gaan opdaag ná hul douvoordag se roosterbroodjies en koffie by Kroonvaal se Wimpy?

Nee mense, julle moes mos geweet het hulle gaan nie angstig wees om te lank te bly nie.

Ek Ace net as ek dink wie nog almal landuit gaan padgee voordat die hele addergebroedsel uitgeroei is.

Ja nee, my Kroon (dis nou natuurlik pres. Cyril die Eerste met wie ek praat), het u geweet dat een enkele adder tot 150 kleintjies op ’n slag kan kry?

Nou ja, maak vir uself die sommetjie (want u kán mos, anders as u voorganger).

As elk van daai 150 adders nou ook kleintjies gaan staan en kry, raak dit ’n lelike affêre wat boerdery ’n baie gevaarlike ou joppie kan maak. En ’n adder is ’n ding wat kan wegkruip dat die mees ervare slangvanger hom vir weke nie kan opspoor nie.

Ek en my ou maters is natuurlik agter daai groot bonusse aan wat uitgeloof is vir die vind van die voortvlugtige Kroektas en hul agterryer.

Nee, ek dog ek waarsku u maar net.

Ek en my ou maters is natuurlik agter daai groot bonusse aan wat uitgeloof is vir die vind van die voortvlugtige Kroektas en hul agterryer.

Ons het die naweek ’n lys gaan opstel van moontlik wegkruipplekke (wat ons natuurlik nie voortydig met die Valke of die Adders gaan deel nie). Oom Johnny raai dat hulle vermom as Indiese ondersteuners en op Kingspark (voorheen Saharapark) in Durban wegkruip.

Dik Daan reken weer dat hulle dalk as hoendervangers by Nskandalig se hoenderhokke ingeval het en neef Bartel sê hy hoor van pelle in die Vrystaat dat daar ’n nuwe Indiër-kroegman by Boshof se hotel begin werk het.

In elk geval, my Kroon, Sona om onnodig optimisties te klink, is dit lekker om nou te kan hoop dat ons donker wolk voortaan omgeef sal wees met ’n Cyril-randjie.

Meer oor:  Menings  |  Gupta  |  Blouwillem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.