Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die doofpot is gevaarlik donker

Dis net kinders en seks die wêreld vol. Enersyds broei daar onder ouers morrende ontevredenheid oor ’n nuwe sillabus wat ingevoer staan te word om kleingoed aan aspekte van menslike seksualiteit bloot te stel.

Die negatiewe reaksie uit sekere oorde blyk onderspan te wees deur die sentiment dat kinders se onskuld so lank moontlik bewaar moet word.

En boonop die versugting dat sekere kompleksiteite wat in die uitlewing van seks en gender voorkom, diep en vroom in die doofpot moet bly.

Eers was daar die verhaal van die onderwyseres wat ’n tuisnywerheid in kortfilmpies bedryf het.

Dít ten spyte van die feit dat popkultuur – die Wilde Weste van die internet – deurspek is met seks. Daarom is dit allermins nog gangbaar om een stille nag Wat seuns moet weet onder ’n tiener se uitdyende kopkussing in te skuif en die oueroë te sluit sodat dr. Jan van Elfen ouderlingagtig die res doen.

Dis waarskynlik juis weens veral Afrikaanses se suutjies-suutjies met dié netelige saak omgaan dat die koerante die laaste tyd vol van kinders is wat voortydig óf teen hul sin deur maghebbers in ’n seksweb gevang is.

Natuurlik was kindermisbruik nog nooit tot minder gegoede ruimtes beperk nie, maar dat dit – tussen waterpolo en die skoolkoerant se blaaie uitlê – ook in die land se spogskole gedy, is nou so duidelik soos daglig.

Eers was daar die verhaal van die onderwyseres en afrigter van Bishops se waterpolospan wat met etlike seuns in haar sorg fisiese verhoudings aangeknoop het – en wat ’n tuisnywerheid in kortfilmpies bedryf het. En oor die afgelope drie weke het die geval rugbaar geword van ’n voormalige onderwyser wat kortstondig aan Grey-kollege klas gegee het voordat hy na bewering onder die vaandel van ’n skoolkoerantprojek op tienerseuns jag gemaak het.

Ironies genoeg was dit juis sy storievertel- en joernalistieke vaardighede wat die advertensieman Deon Wiggett gebruik het om in laasgenoemde geval sy beweerde misbruiker in ’n hoogs afgeronde episodiese podsending, “My Only Story”, aan die kaak te stel.

Selfs vroue sê in hul hordes dat die ongenoemde seuns opgeskote hormoonbalies was, dat hulle die juffrou uitgelok het óf presies geweet het wat hulle doen.

Die beeld van die voormalige koerantman wat aan die toegesluite kant van ’n traliehek staan, wat laat verlede week in die media verskyn het, het Wiggett egter nie geregisseer nie.

Wat ’n mens se spesifieke invalshoek op dié twee stories ook al mag wees, spreek die merkbare verskil in die breë openbare reaksie op hulle boekdele.

Waar die leeuedeel van kommentatore op die sosiale media en langs braaivleisvure meen dat Wiggett se beweerde nemesis presies só ingehok hoort, word die waterpolo-instruktrise vanuit baie gestoeltes toegejuig. Dis dalk voorspelbaar genoeg dat mans – pa’s inkluis – met verwondering van dié onderwyseres se gulhartigheid praat. “As onnies darem op my dag só gelyk het, as ek darem só ’n kans gekry het, was ’n A-simbool in biologie my voorland.”

Mans is gewoonlik aan ’n aparte stel seksreëls onderhewig.

Selfs vroue sê in hul hordes dat die ongenoemde seuns opgeskote hormoonbalies was, dat hulle die juffrou uitgelok het óf presies geweet het wat hulle doen. “Noudat hulle die melk van hul lippe afgelek het, draai hulle teen haar – die belhamels.”

Alom skater mense wanneer hulle hoor dat die stoute seuns aan terapie onderwerp word. Maar as dit hul dogters was, of as Wiggett se lot hul seuns s’n was, sing almal ’n heel ander deuntjie. Sodoende word ’n sweem van normaliteit aan die Bishops-gebeure verleen, die ten hemel skreeuende magswanbalans ten spyt.

Ironies genoeg is die idee dat die Bishop­s-seuns geen slagoffers kon wees nie, die keersy van ’n gevaarlike munt – dat mans gewoonlik aan ’n aparte stel seksreëls onderhewig is.

Dit alles dui daarop dat ’n oop gesprek oor seks juis in ons skole dringend van stapel moet loop. Die doofpot is immers gevaarlik donker.

* Meiring is 'n regsgeleerde van Johannesburg.

Meer oor:  Joernaliste  |  Seks  |  Onderwysers  |  Kinders  |  Seksuele Misbruik  |  Jeug
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.