Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die drie dimensies van die Clicks-haredebakel

Verlede week se Clicks-haredebakel het ’n menslikheidsdimensie, ’n politieke dimensie en ’n korporatiewe dimensie.

Jan-Jan Joubert

Die gewraakte advertensie vir ’n Unilever-vervaardigde sjampoe verkoop deur Clicks het die indruk geskep dat wit mense se hare meerderwaardig en swart mense s’n minderwaardig is. Dit het gelei tot protesbetogings deur die EFF, en hier en daar tot die vandalisering van Clicks-winkels.

Teen die einde van die week het die EFF ooreenkomste met Clicks en Unilever bereik, waarvolgens die maatskappye beurse en sanitêre produkte aan arm swart vroue sou verskaf, en die storm was verby.

Wat die menslikheidsaspek betref, was my opvoeding oor die politiek van hare een van die onverwagse meevallers toe ek jare gelede politieke redakteur van Die Burger was. Ons parlementêre verslaggewers was drie formidabele bruin vroue. By hulle het ek baie geleer oor baie dinge, ook oor die politiek van swart en bruin vroue se hare.

Byna daagliks het ek meer probeer verstaan oor ’n stryd en ’n hiërargie waarvoor ek tevore blind was – ek het geleer van mince en van GHD en van hare stryk en van soolkouse, en allerlei ander dinge wat ek nie geweet het bestaan nie.

As jy van hierdie dinge weet, dan hoef jy nie te vra nie. As jy nie weet nie, vind gerus uit en sien hoe ’n wêreld voor jou ontvou.

As jy nie weet nie, moet asseblief nie jou onkunde en ongevoeligheid ten toon stel met afwysende aanmerkings oor ander se stryd en pyn nie.

As jy nie weet nie, moet asseblief nie jou onkunde en ongevoeligheid ten toon stel met afwysende aanmerkings oor ander se stryd en pyn nie. As jy nie ’n ander se kwelling begryp nie, lê die fout nie by die ander nie. Dis diep dinge hierdie.

Die politieke dimensie handel met die EFF en hul optrede. Dis nou al maande dat ek hoor hoe welmenende wit waarnemers aanvoer die EFF het tydens die grendelstaat verdwyn. Wel, hulle het hul takke uitgebrei op plekke waar baie welmenende wit waarnemers nooit kom nie, en hier is hulle nou, by ’n Clicks-winkel naby jou.

Die EFF se meer geweldadige deel, wat steeds droom daarvan om op voos Jeeps by die Uniegebou in te jaag soos Fidel Castro in Havana van ouds, het dit verlede week hotagter gekry.

Die EFF se meer geweldadige deel, wat steeds droom daarvan om op voos Jeeps by die Uniegebou in te jaag soos Fidel Castro in Havana van ouds, het dit verlede week hotagter gekry. Die EFF-leier, Julius Malema, se opdrag om Clicks aan te val het gelei tot vandalisme, chaos en dreigende werkverlies. Teen die einde van die week is die optrede vroeg afgelas, want die gedrag het in Malema-hulle se gesigte ontplof.

Die korporatiewe dimensie betrek nie net Clicks en Unilever nie, maar ’n bedryf wat op sy eie manier een van die mees selftevrede en konserwatiewe (in die sin van allergies vir verandering) in die land is, naamlik die advertensiebedryf.

Die kabinet se voorstel dat die advertensiebedryf kulturele sensitiwiteitsklasse moet neem, is ’n goeie idee. My ervaring van daardie bedryf is dat dit kreatiewe mense is wat maatskaplik en polities progressief is, maar nie behoorlik navorsing doen en deurdag omgaan met hul werk nie.

Daar kom dalk iets goeds uit die haredebakel, ’n anderste tafereel in die immer ontvouende Suid-Afrikaanse werklikheid.

  • Joubert is ’n skrywer en onafhanklike kommentator.
Meer oor:  Jan-Jan Joubert  |  Eff  |  Haredebakel  |  Advertensie  |  Clicks  |  Hare  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.