Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die engele in die tyd van ’n dodelike virus
Charles Smith

Klein Rasta (15 maande) sit sy handjies om ’n groot geelperske en slaan sy tandjies diep in die lieflike, goudgeel vlees van die vrug.

Rasta sit in pa Ruben Dempies se arms in Marsstraat in die informele nedersetting Gatvol buite Bloemfontein. Hier woon ’n paar duisend mense. Die meeste ouers is dagloners met geen werk in die inperkinsgtyd nie – en ook min kos om van te leef.

Vir ons is ’n geelperske iets alledaags. Of ’n heerlike varsgeplukte groenmielie met botter op, wat ons selfs nou in afsondering te koop kry. En ’n vars brood met botter en stroop.

Maar vir die kinders hier is dit ’n luukse.

Ek kyk hoe Rasta eet. Ons gesels sommer in die straat. Agter is ’n see van sinkhuisies in die modder. Wanneer gaan die virus hier toeslaan? Saans sal mense met koors hoes en kinders hygend sterf? Dis egter nie met wanhoop dat ek hier wegry nie. Eerder hoop.

Van Gatvol ry ek en fotograaf Mlungisi Louw deur Mangaung na die Caleb Motshabi-nedersettings suid van die stad. Huisie op huisie staan in die modder en vullis. Maar mense woon hier. Dit is hulle wat in ons tuine en kombuise werk.

Die toekoms is donker, maar die mense bly vriendelik.

Die Cheetah-vleuel Craig Barry en die Be the Difference Foundation gee kospakkies vir mense sonder inkomste en met min kos. Kinders ontvang dit glimlaggend. Die toekoms is donker, maar die mense bly vriendelik.

Nadat ek oor Gatvol se mense en Craig se projek op Facebook skryf, begin hulp instroom. Engele gee kos, vra wat hulle kan doen. Ek ontdek die ware helde – die wat reeds help, soos Allizania Coleridge en Logan Kruger en hul span wat twee keer elke dag tee, sop en broodjies vir die mense van Gatvol bedien. Hulle is van Hearts to Hands SA en OperationCOVID­ReliefH2H.

Kobus Venter van Helpende Hand en sy span ry vragte hulp aan, elke dag waar elders nood is. Hy bring my in kontak met die Torings van Hoop-projek, waar baie hulporganisasie elke dag kos en vars groente kry. Ek kan hier ’n vrag kos vir Gatvol oplaai. En Anita du Preez stuur ’n vrag kos vir Ruben-hulle.

Woensdag kom laai Fabrice Compere van die Mozambique-restaurant en sy dogter en haar man, Vicky en Willem Burgers, ’n vrag brood af wat ek vir die H2H-span neem. Hulle is sakelui wat R600 000 inkomste verloor in die tyd, maar hulle wil help. Soos baie sakelui ook help.

Mense gee geld, kos, komberse en hondepille vir Kiewiet, Anton en Ouboet Brits en Gerrie Germishuys en Pieter Bernhardt wat haweloos gelaat is nadat hulle aangeval is. Hul trane en gebed in die veld in Bloemspruit wys wat jou omgee beteken.

Die virus is dodelik. Maar dit bring nuwe vriende. Die virus ken nie kleur of klas nie, ons is almal kwesbaar. Dink aan kinders soos klein Rasta. Eendag gaan hy vir jou ’n geelperske gee.

Wees jy die verskil en ons gáán heel anderkant uitkom.

Meer oor:  Charles Smith  |  Inperking  |  Armmoede  |  Liefdadigheid  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.