Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die geskiedenis herhaal hom gelukkig selde

Vandeesweek, 75 jaar gelede, het die inwoners van die Duitse stad Dresden bekommerd na die naderende gedreun van honderde Geallieerde bomwerpers in die naglug opgekyk. Minute later het duisende brand- en brisantbomme verwoesting begin saai.

Twee uur later het ’n tweede golf bomwerpers die werk voortgesit. Die volgende dag het ’n derde golf bomwerpers die taak voltooi. ’n Vuurstorm het alles verteer wat voorkom.

Toe dit klaar was, was die eeue-oue stad met sy onvergelyklike kultuurskatte, bekend as die Florence aan die Elbe, ’n rokende ruïne.

Nazi-propaganda het die dodetal op 200 000 gestel. In 2004 het ’n komitee vooraanstaande historici alle bronne geweeg en die ware syfer in die omgewing van 25 000 vasgestel. Selfs dié syfer kom op ’n oorlogsmisdaad neer. En tog is die 25 000 maar ’n minderheid van die geskatte 600 000 Duitsers wat in die Tweede Wêreldoorlog in Geal­lieerde lugaanvalle gesterf het.

Laat daar geen misverstand hieroor wees nie: Die Nazi’s was nie die “goeie ouens” in die oorlog nie. Hulle het ’n oorlog gewetenloos uitgelok en was verantwoordelik vir die dood van tientalle miljoene mense, onder wie ’n geskatte ses miljoen Jode.

Maar oorlog het ’n afbrekende uitwerking op sowel die goeies as die slegtes, totdat die goeies naderhand byna nie van die slegtes te onderskei is nie.

Die vermaarde Britse krygshistorikus Max Hastings skryf vandeesweek in The Times: “Every society that engages in a war becomes morally compromised. This befell the Allies in the Second World War, and the fate of Dresden represented a significant portion of their fall from grace.”

Gelukkig herhaal die geskiedenis hom byna nooit

e verskrikkings van die oorlog en die onbetwisbare morele dieptes waartoe Adolf Hitler en sy volgelinge miljoene andersins goeie Duitsers laat daal het, het ná 1945 tot ’n intense selfondersoek in die ou Wes-Duitsland gelei.

Dáár is die korrekte les – “Nooit weer nie!” – goed geleer. Helaas is dit deel van die kommunistiese Oos-Duitse diktatuur se erfenis dat dieselfde nie in die gebied onder sy heerskappy gebeur het nie. Dit is waarom die ekstreemregse party Alternatief vir Duitsland (AfD) in die ses oostelike deelstate veel meer steun as in die weste geniet.

Trouens, die regtervleuel van die AfD flankeer openlik met die neo-Nazisme en ontken plek-plek selfs die Duitse skuld. ’n Hof het bepaal dat een van die regtervleuel se leiers só regs is dat hy as “fascis” beskryf mag word.

In die oostelike deelstaat Turinge het die AfD nou daarin geslaag om ’n krisis in die sentristiese regerende Christen-Demokrate te veroorsaak, wat selfs tot bondskanselier Angela Merkel se politieke einde kan lei.

Turinge is ook die plek waar die Nazi’s hul eerste deurbraak behaal het . . . Gelukkig herhaal die geskiedenis hom byna nooit.

Meer oor:  Leopold Scholtz.  |  Herhaal  |  Wêreldburger  |  Geskiedenis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.