Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die grondkwessie verg liefde, respek
Kiepie Jaftha
Ná 1994 is baie ernstige pogings aangewend om die grondregte van verontregte Suid-Afrikaners reg te stel.

Die debat rondom die onteiening van grond sonder vergoeding, is besig om die politieke en sosiale kohesie van Suid-Afrikaners tot die uiterste te beproef. Iemand merk onlangs op die verskillende opinies, eise en dreigemente is slegs die oortjies van die seekoei.

Sonder om naïef te wees, kan die vraag seker met reg gevra word: Het daar soveel onreg in ons land plaasge-vind? Is die burgers van Suid-Afrika dan so wreed behandel dat hulle wet-tige eiendom sommer net so van hulle weggeneem of selfs gesteel is?

Ná 1994 is baie ernstige pogings aangewend om die grondregte van verontregte Suid-Afrikaners reg te stel. En nou, in aanloop tot volgende jaar se verkiesing, vlam die debatte op.

Is grond dan net ’n stuk politieke gereedskap om die wandade van die verlede reg te stel? Is dit duidelik hoe-veel burgers benadeel is en weet die politici regtig hoeveel grond ter sprake is? En indien die politici, wat waar-skynlik deur baie goeie regsgeleerdes, ekonome, sosioloë, antropoloë, historici en andere bygestaan word, antwoorde kan verskaf, bly die vraag: Hoe gaan die burgers van ons land ooit verenig kan word in een Suid-Afrikaanse nasie as daar nie ooreenstemming en vrede is oor wie se grond wie s’n is nie?

Grondbesit, in watter vorm ook al, is nie ’n tydelike hulpmiddel om iewers jouself te vestig nie. Grondbesit is ’n langtermyn-belegging in jou lewe hier op aarde – hetsy as deel van jou familie of as deel van jou volk. As ’n mens noukeurig luister na die argumente wat die lede van die Khoi en San na vore bring, waarom hulle regmatig op hulle grond aanspraak kan maak, voel dit asof al die ander volkere hoogstens “kuiergaste” op ander mense se grond is. Vir hoe lank gaan die kuiergaste geduld word op ander se grond?

Deur die eeue heen het bloedige gevegte uitgebreek oor grond.

Deur die eeue heen het bloedige gevegte uitgebreek oor grond. Daar word vandag nog oorlog gemaak in lande soos Sirië, Suid-Soedan, Israel en Palestina. Dit mag dalk nie opgeskryf word as ’n oorlog nie, maar die daaglikse gewelddadige protesoptogte in ons land, het ’n gemeenskaplike on-derbou: “Gee aan ons grond om regte huise op te bou.” Die protesoptogte gaan nie oor soseer landbougrond nie – dit handel oor die waardigheid van elke mens om op sy eie lappie grond te woon.

Wat kommer wek, is die gesindhede wat uitgestraal word in die debatte en die protesoptogte: Aggressie, woede, liefdeloosheid, doodsdreigemente. Sulke uitbarstings sal Suid-Afrika nie een duim vorentoe laat beweeg in ons soeke na en bereiking van volhoubare en gemeenskaplike nasieboudoelwitte nie.

Moet die byna 70% Christene in Suid-Afrika nie nou daadwerklik die dele van die vrug van God se Gees laat uitstraal nie: liefde, vrede, geduld, vriendelikheid, nederigheid, self-beheersing. lankmoedigheid en goed-hartigheid? (Gal. 5:25, 26). Leef ons hier-die waardes dan net uit in die veilige en heilige ruimtes van die kerkgebou, maar op die markplein van elke dag “wil ons liewer nie die vrede versteur nie”. Dan loop en skreeu ons maar saam met die massa asof dit die enigste wyse is waarop ons stemme gehoor sal word.

As ons president rondom middernag aankondig die regerende party sal art. 25 van die Grondwet verander om die onteiening van grond sonder vergoeding te wettig, moet Christene uit alle oorde vir hom sê: Moet ons nie dreig nie, mnr Ramaphosa, kom ons vat hande met ’n gesindheid van lank-moedigheid en vriendelikheid. Want dreigemente stook wantroue en bring skeuring, maar liefde en respek bou ’n nasie. Dit is wat Suid-Afrika nou meer as ooit nodig het om ook die grondkwessie volhoubaar op te los.

Meer oor:  Grondonteiening  |  Oorlog  |  Grondkwessie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.