Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die Grondwet bly ons skans
Judith February

“Anation can survive its fools, and even the ambitious. But it cannot survive treason from within. An enemy at the gates is less formidable, for he is known and carries his banner openly. But the traitor moves amongst those within the gate freely, his sly whispers rustling through all the alleys, heard in the very halls of government itself. For the traitor appears not ­­a traitor; he speaks in accents familiar to his victims, and he wears their face and their arguments, he appeals to the ­baseness that lies deep in the hearts of all men. He rots the soul of a nation . . . he infects the body politic so that it can no longer resist.

Dié aanhaling word toegedig aan Cicero, die Romeinse regsgeleerde wat in talle van sy sake teen die vergrype van die Romeinse Republiek uitgevaar het. Maar dit is nou 2017 en ons moes uit die geskiedenis geleer het. Dit lyk nie of die ANC het nie. Dié party is so diep verdeeld in die aanloop tot sy Desember-verkiesingskonferensie dat die kandidate se “veldtogte” aan substansie en inspirasie tekortskiet en met “dirty tricks” deurspek is. Weens hierdie politieke magstryd is talle instellings – van die parlement tot die openbare beskermer se kantoor en die SA Inkomstediens – in ’n warboel en op gevaarlike wyse in ANC-faksiegevegte vasgevang.

Sedert die wantrouemosie is heelwat oor ’n kabinetskommeling bespiegel. ’n Mens wonder elke oggend watter nuwe hel die president, aangevuur deur sy bende korrupte en gekompromitteerde ondersteuners, op ons gaan loslaat.

Dit is ’n onhoudbare situasie wat ongekende skade aan die ekonomie, politieke verlamming en ’n skeuring in die kabinet veroorsaak. Dít is die omgewing wat Jacob Zuma en “sy” deel van die ANC sedert Polokwane geskep het.

Enigeen wat gemeen het Zuma kan leierskap bied, het nie opgelet tydens sy jare as KwaZulu-Natalse LUR vir ekonomiese sake, die onsmaaklike Schabir Shaik-verhoor asook sy verkragtingsverhoor nie. Met sy swak oordeel en onvermoë om van manipuleerders weg te bly, was hy nooit goed genoeg vir Suid-Afrika nie. Hy het die “traitor who moves within the gate freely” geword. Sy “sly whispers” bied die geleentheid vir algeheel onverantwoordbare optrede deur mense soos Bathabile Dlamini en Faith Muthambi.

Die ANC het ná sy 2016-verkiesingsverliese getoon hy is nie tot selfkorrigering in staat nie.

Kgalema Motlanthe, voormalige ANC-sekretaris-generaal, het in ’n onlangse BBC-onderhoud gewaarsku die ANC kan, “in die tempo waarteen hy na die bodem sink”, inderdaad die 2019-verkiesing verloor. Dit kan Suid-Afrika op die klipperige pad van koalisieregering laat beland.

Die ANC het ná sy 2016-verkiesingsverliese getoon hy is nie tot selfkorrigering in staat nie. Dit voorspel niks goeds vir sy toekomsvooruitsigte nie.

Dan word die vraag gevra hoe die ANC ’n skeuring in sy geledere of ’n nederlaag in ’n algemene verkiesing sal hanteer. Zuma het al die kenmerke van ’n “sterk man” wat, ondanks sy voortdurend verswakkende posisie, moontlik aan die mag sal wil vasklou.

Daar is tekens van gesonde verset deur sommige in die ANC, maar ook deur die burgerlike samelewing en die media, wat die waarheid oor die Guptas, hul verbintenis met Zuma en kontrakte waarby hulle baat gevind het meedoënloos najaag.

Voorts laat burgerlike samelewingsorganisasies toenemend hul stemme hoor oor die verband tussen korrupsie en die staat se onvermoë om basiese dienste te lewer, asook die misbruik van staatshulpbronne om protes te onderdruk.

Ons oorleef kwalik “the fools and the ambitious”.

Dit is nou tyd om “the treason from within” met behulp van elke moontlike grondwetlike metode te pak, want ’n verrotte ANC raak ons almal.

Meer oor:  Judith February  |  Politiek  |  Grondwet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.