Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die haakplek lê by die mense, nie by die diere nie
Tony Weaver

dit net ’n kwessie van tyd voor ’n leeu weer ’n kampeerder in Suider-Afrika se onomheinde boskampe gryp of ’n hiëna ’n kampeerder in een van die kampe verskeur – veral in Botswana of Namibië waar baie van die kampe nie omhein is nie?

Ek vra dié vraag na aanleiding van ’n lewendige debat op die gewilde SA 4x4-gemeenskapsforum waarin verwys word na die Mabuasehube-gedeelte van die Kgalagadi-oorgrenspark, ’n klein uitstulping aan die verre oostekant van die park, noord van Tshabong.

Nie een van Mabuasehube se kampterreine is omhein nie, maar sommige het ’n stort, A-raamskuiling en ’n puttoilet. Troppe leeus, gelok deur die plasse stortwater, die skadu van die A-raamskuilings en uitkykpunte, “sypel” die kampe gereeld binne.

Hulle word egter ook gelok omdat sommige kampeerders nog nie die fyner kunsies van die boslewe aangeleer het nie. Hierdie kampeerders los doelbewus water en tjopbene buite om roofdiere nader te lok vir beter fotogeleenthede of pak nie hul vullis, vuil skottelgoed of koshouers weg vir die nag nie. Dit is ’n ongeluk wat lê en loer – een grootliks deur mense geskep omdat die leeus gewoond geraak het aan die teenwoordigheid van mense en nou doelbewus die kampe uitsoek as ’n bron van kos en water.

Die jongste aangetekende geval wat ek kon opspoor van ’n kampeerder wat deur ’n leeu doodgemaak is, was toe die ervare boskampeerder Pete Evershed teen skemeraand op 30 Oktober 2010 by Chitake Springs by die Manapoele in Zimbabwe aangeval is. Daarna is twee luiperdaanvalle op kampeerders aangeteken, waarvan nie een noodlottig nie. Die een was by Matopi in die Kgalagadi, en die ander in Namibië se Kuiseb-vallei. Die Matopi-slagoffer was in ’n nylontent, en ’n Duitse toeris is deur die oop venster van ’n kampeerwa by Kuiseb aangeval.

Verskeie voorstelle is al oor die “leeuprobleem” in Mabuasehube gemaak.

Verskeie voorstelle is al oor die “leeuprobleem” in Mabuasehube gemaak. Dit wissel van om die kampe te omhein en om toegangstariewe drasties te verhoog om die “gepeupel” buite te hou tot ’n aansienlike vermeerdering in die aantal wildbewaarders. Ek sal nog verder gaan: Vat die groot trekpleisters vir die leeus weg en verwyder die A-rame en waterkrane.

Eindelik is hierdie nie ’n “leeuprobleem” nie, maar ’n mensprobleem. Ek het Mabua vir die eerste keer in 1998 besoek en het sedertdien ’n hele paar keer teruggekeer. Elke keer was daar geen ander kampeerders naby ons nie. Ja, ons het ’n leeu of twee in of naby ons kampterrein gehad, maar dit was glad nie soos deesdae waar dit bars om ’n bespreking te kry nie.

Myns insiens lê die oplossing daarin om eers die leeu-trekpleisters te verwyder, en daarna met ’n deeglike opvoedingsveldtog te begin: Moenie die leeus met oorskietbraaivleis of water lok nie; hou jou kamp netjies en sluit al die kos in die voertuig toe, en – hierdie maatreël gaan altyd omstrede wees – moet nie saans braai nie. Die reuk van braaivleis is ’n kragtige lokmiddel vir roofdiere. In Kenia sê die ervare bosmense altyd: “Moenie snags ’n groot vuur maak nie, dit is ’n leeumagneet.”

Moet ook nie toelaat dat klein kinders in die kampeerterrein rondhardloop nie – dit is nog ’n leeumagneet.

Die ander opsie is natuurlik om niks te doen nie en toe te laat dat natuurlike seleksie sy loop neem. ’n Leeu wat ’n toeris doodmaak, sal immers die beste opvoedingshulpmiddel van alles wees.

Meer oor:  Tony Weaver  |  Dierebeskerming  |  Wildbewaring  |  Mense  |  Diere  |  Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.