Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die heilige Nikolaas maak sy opwagting
Prof. Hennie van Coller

Om ons houthuisie in die Bungalow Park De Egelshoek is die sneeu ongeskonde. Dis immers net mense wat geen ander heenkome kan kry nie wat middelwinter hier onderdak sal soek. Hier, waar jy vanweë die wêreldwye oliekrisis byna nie eens ’n oliever-warmer durf aansteek nie.

Op die tafel is soetwyn, spekulaas, peperkoe-ken en sjokoladeletters. Hierdie Sinterklaasfees, ons eerste in die Lae Lande, staan my nog helder voor die oog.

Vanjaar het die heilige Nikolaas, uitgedos in sy rooi gewaad, met wit baard, myter en mantel soos gebruiklik uit die verre Spanje sy opwag-ting in Nederland en België gemaak. In Antwerpen is hy verwelkom deur onder andere die burgemeester en kon hy plegtig verklaar dat daar vanjaar géén stoute kinders is nie.

Die Sinterklaasfees word in Nederland op 5 Desember en in België op 6 Desember gevier. In toeka se tye het kinders hul skoene vol strooi gestop en wanneer hulle slaap, het pa en ma dit vervang met appels, koekies en rosyne; later sjokolade. Vandag se lekkerbek-kige jeug het appels en rosyne in die stof laat byt, maar koe-kies en sjokolade is steeds vaste bestand-dele.

Sinterklaas het nie juis in die smaak geval van suurderige Protestante, wat maar altoos probleme gehad het met ligsinnige vermaak en die Roomse gevaar nie.

In die meeste huise is dit gebruiklik om sjokoladeletters aan mekaar te gee as geskenk. In die Tweede Wêreldoorlog was sjokolade skaars en is dit vervang met “taai-taai”, letters gemaak van ’n taaierige gemmerkoek. Jy moet ook maar vroeg spring om sekere letters in die hande te kry, want in Nederland en België is sekere tradisionele name steeds volop. Soms word by die beskeie geskenkies ook gediggies geskryf en die pret is om op grond daarvan te raai watter geskenk voor jou lê.

Die herkoms van hierdie feesdag kan terug-gevoer word na die derde eeu ná Christus en na biskop Nicolaas van Myra in Klein-Asië. Sinterklaas is al gevier in die Middeleeue en dit was glo gebruiklik vir ’n jong man om ’n groot spekulaaspop aan die maagdelike meisie van sy keuse aan te bied. Het sy dit aanvaar, was sy kop deur.

Sinterklaas het nie juis in die smaak geval van suurderige Protestante, wat maar altoos probleme gehad het met ligsinnige vermaak en die Roomse gevaar nie. In sekere dorpe is die viering daarvan selfs verbied.

In die politiek korrekte Nederland het daar die afgelope jare ’n hewige debat gewoed rondom Sinterklaas en sy “zwarte pieten”. Hierdie handlangers met swart gesigte is in verband gebring met slawerny en onderdrukking. Pragmatici wat hulle is, het die Nederlanders hulle summier herdoop tot “schoorsteenpieten” met roetgesigte.

As jy wil kyk of daar nog ’n greintjie nasiona-lisme in ’n Nederlander skuil, ontneem hom van sy koffie, die koningshuis; dalk van sy oranje vlag tydens ’n Wêreldbeker-sokkerwedstryd. Of van Sinterklaas.

Maar dié oom op sy skimmelperd, kry jy nie maklik onder nie.

Meer oor:  Hennie Van Coller  |  Kersvader  |  Kersfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.