Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Dié kerk wys land hoe om rasse te verenig
Christina Landman

Op 27 April 1994 het Suid-Afrika verenig om ’n nuwe regering te vorm. Dis nou 25 jaar later – en die stembus op 8 Mei sal bewys of dit ’n gesonde regering was.

Maar daar is ’n ander vereniging waarna ons hier moet kyk. 13 dae voor die verkiesing in 1994 het die destydse NG Sendingkerk (toe bruin) en die NG Kerk in Afrika (toe swart) verenig om die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (VGKSA) te vorm. Dit was op 14 April 1994. En Sondag vier hulle 25 jaar van bestaan. Die viering is in die Madiba-arena van die Universiteit van die Vrystaat. En toevallig was Madiba ook teenwoordig toe die kerke verenig het.

Maar die verenigde kerk het nie 25 jaar oorleef omdat hy saam met die regering gestap het nie. Hoekom het hy dan oorleef?

Dis nie ’n geheim dat die hoofstroomkerke die afgelope 25 jaar meer as ’n derde van hul lidmate verloor het nie.

Dis nie ’n geheim dat die hoofstroomkerke die afgelope 25 jaar meer as ’n derde van hul lidmate verloor het nie. Die VGK het ook lidmate verloor, want die gonskerke vang onder hulle. Maar die VGK het nuwe gemeentes en ringe gestig.

Oor die jare heen kon ek met baie mense praat oor hoekom hulle ’n spesifieke kerk verlaat en na ’n ander een gaan. Onthou, mense in ons land is 120% kerklik. Jy gaan na een kerk vir jou gees en na ’n ander vir ’n kospakkie of om na ’n spesifieke prediker te luister. Hoekom gaan mense na ’n spesifieke kerk sodat hulle hul geboortekerk los of nog ’n kerk by hul inkopielys voeg? ’n Verskeidenheid van mense gee een of meer van die volgende redes:

  • Die kerkleier moet my gesond kan maak;
  • Dié leier moet belowe om my ryk en voorspoedig te maak;
  • Die kerk moet oor gays sê wat ek wil hoor;
  • Die kerk moet sê waar ’n vrou se plek is;
  • Die kerk moet musiek maak wat ek wil sing;
  • Die kerk moet ’n identiteit hê wat met my rassesiening ooreenkom;
  • Die kerk moet die Bybel as die Woord van God beskou;
  • Die kerk moenie gedurig geld vra nie en as jy geld gee, moet dit met jou goed gaan;
  • Die kerk moenie in die week met my sukkel of sy neus in my persoonlike sake steek nie; en
  • Die kerk moet oor vereniging praat sonder om iets daaraan te doen (oftewel, die tyd is nog nie reg nie).
Hoe vaar die VGK wat betref dié dinge wat mense wil hê, anders loop hulle (rond)?

Hoe vaar die VGK wat betref dié dinge wat mense wil hê, anders loop hulle (rond)? Hy’t nie geloofsgenesers of voorspoedpredikers nie. Hy is pro-gay en pro-gelykheid en sy lidmate meestal arm. Nie die soort kerk wat deesdae groei nie.

En tog het hierdie kerk iets om ná 25 jaar te vier. Hy was ’n voorloper in 1994 om die land te wys dat rasse kan verenig. Maar veral vier hierdie kerk die Belhar-belydenis, wat eenheid, versoening en geregtigheid weer op die teologiese tafel gesit het. Jammer tog dat niemand dit op hul lysie sit van kerk toe gaan nie, dat ’n mens na ’n kerk gaan vir versoening nie.

Dan sou daar inderdaad ná 25 jaar nie meer ’n (wit) NGK en ’n (bruin/swart) VGK wees nie.

Landman is professor in teologie aan Unisa en ’n dominee in die VGK.

Meer oor:  Kerk  |  Rasse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.