Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die koerant in my oprit gaan ek baie mis
Prof. Hennie van Coller

My vriend W. was ’n bemarker duisend. Hy’t altyd volgehou dat jy nooit ’n produk bemark nie, maar ’n behoefte.

Lipstiffie bestaan uit bestanddele soos was, kleurstof en geurmiddels. Probeer dít maar bemark! Maar met die bemarking van verleide-like skoonheid en gesofistikeerdheid gaan dit gewis beter.

Oor smaak kan jy nie redeneer nie, het die ou Romeine reeds gesê. Maar ek glo nie dat sekere whiskeys se smaak werklik ’n uitgawe van etlike duisende rande regverdig nie. Dat van die hogere ANC-kaders dus sekere peperduur Skotse voggies verkies, het myns insiens met smaak min te make. Eerder aan die behoefte om mag-tig, suksesvol en welvarend te vertoon.

Koerante word wêreldwyd as draers van betroubare nuus en inligting bemark. As dit om ’n gehalte-koerant gaan, dan ook as barometer van politieke en ekonomiese en kulturele tendense. Selde word nagedink aan baie ander behoeftes wat die papierkoerant vervul.

My vroegste herinneringe is van ’n “ver val” in my grootouers se ag-terjaart. Met ou koerante opgestapel as leesstof. Nuttig vir hulle wat te veel gewei het aan die turksvye.

Vir my as opgesko-te knaap was dit ’n geldige verskoning om gou die agter-blaaie van die Land-stem te bekyk: wulpse, skamelgeklede nooiens wat ek maar selde rondom my gesien het.

In die hoekie was blokkies koerantpapier; toiletpapier was daar net vir die finishing stroke.

In die hoekie was blokkies koerantpapier; toiletpapier was daar net vir die finishing stroke.

By oom Don was daar altyd ou koerante gepak onder die druppende dif van sy vragmotor. Terwyl ek hom dophou, al swetsend onder die Borgward, het ek koerante nadergetrek, ou nuus gelees en toe reeds besef as dinge nie verander nie, bly hulle dieselfde.

Ons het in my jeug die land deurkruis met my pa se Austins; later Mercedesse. Vir die ploeg-skaar op pootjies is altyd plek ingeruim. By gebrek aan hout of Karoobossies is bolletjies koerantpapier brandgemaak, en dit was my taak om die vuur te voed totdat die wors kleur gekry het.

My pa se onblusbare kreatiwiteit het die bou van woonwaens én huise ingesluit. Vakansies het ek op ’n kampbedjie in die sytent van die woonwa geslaap. Menige nag is koerante onder my matras gepak om die koue hok te slaan.

Onlangs was ek weer in België. ’n Oggend sonder koffie, De Morgen en De Standaard is ondenkbaar. Veral naweke met die dik weekend-edities. Op treine lees almal koerant en selfs die stug Europeërs deel koerante en los dikwels die geleesde koerant vir die volgende reisiger.

Tuis het ons saam koerant gelees en saam oor berigte gepraat. Steeds is dit die spilpunt van oggendgesprekke.

Ek mis sesnaat-rugbyballe, sjokolade-Bumpers, tennisspeelsters in kort rokkies, paisley-dasse, Pin-through-hemde en Die meisie van Avignon. Maar gewis minder as wat ek die koerant in my oprit sal mis.

Meer oor:  Hennie Van Coller  |  Koerant  |  Koerante  |  Toiletpapier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.