Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die mooi storie van die verskalf Beursie se rente
Charles Smith

Die begin van die val van die Afrikaanse gemeenskap wink op die horison omdat die drie pilare waarop dit gebou is begin kwyn: medemenslikheid, ordentlikheid en goeie buurmanskap.

Ons is só behep daarmee om ryk te word en om meer grênd te lewe as ander dat ons maklik ons taal en erfenis opoffer en ons naastes sal vertrap om bó uit te kom. Selfs die karmenaadjie – vars vleis op slagdag vir jou bure of deesdae om oor te stap met ’n bordjie eetgoed – het uitgesterf.

Dit het ek besef toe ek die mooi storie van die verskalf Beursie hoor. Deon Visser, ’n pêl in Vishuis en deesdae prof in chemie aan Kovsies en ’n skrywer, het my laat weet ons buurvrou op die plaas, Betsie Robberts, wil graag pa Hendrik se nommer kry om dankie te sê vir Beursie. Hy en Betsie se seun, Corné, is swaers.

Pikkie en Betsie Robberts was vir seker 20 jaar ons bure op Belmont, Rouxville, ná oom Dapper en tant Janatie de Wet en voor hulle oom Swartoog en tant Ina Smith. Goeie jare, wonderlike bure. Pa Hendrik en Ma Grietje was erg oor hul bure. Goeie buurmanskap was vir hulle deel van hul Christenskap. Daar is baie mandjies perskes, kwepers of beskuit oor en weer gestuur. Geld was skaars, maar omgee was daar in oorvloed.

Betsie sê toe Pikkie die beeste en hul grondjie by Port Alfred verkoop, kon hy vir haar diep in die R80 000 uitkeer.

Die storie van Beursie bevestig dit. Ek het Betsie se nommer by Deon gekry, want hulle het sewe jaar gelede Belmont verkoop en na Port Alfred getrek. Ons het gesien Pikkie is onlangs dood en baie oor hulle gesels. My ma kon so lekker vir Pikkie lag met sy Suidwes-kos soos fyngekapte biltong wat hy met room gemeng en in sulke frikkadelle gerol het as ’n lekkerny.

“Ek was só lief vir hulle op die plaas,” sê Betsie toe ek bel oor pa Hendrik en ma Grietje en ons gesels oor doerie dae. Sy vertel hoe pa Hendrik ’n verskalf van Mispa oorgestuur het kort ná hul kleinkind, Lollo, se geboorte. Pikkie en Corné het die verskalf Beursie gedoop en vir Lollo gemerk.

Pa Hendrik (nou 87) onthou hy het die simmentaler-versie ook oorgestuur om dankie te sê vir Pikkie vir ’n windpomp-toestel wat hy nie meer gebruik het nie. En ja, die kleinding is dié week gebore.

“Ons was só bly en heilig op Beursie. Ons mag nie aan die versie geraak het nie. Pikkie het die versie gehou en net die kalwers verkoop en die geld vir haar gebêre vir eendag,” vertel Betsie. Later het hy van haar nageslag as ’n nuwe Beursie vir Lollo gehou.

Lollo, oudskolier aan die Hoër Meisieskool Oranje, het dié week op 12 April 19 geword. Sy het aanlyn aan Akademia begin studeer, deels danksy Beursie se geld. Sy begin uitkyk vir haar eerste motor en sy kan haar boeke self koop.

Betsie sê toe Pikkie die beeste en hul grondjie by Port Alfred verkoop, kon hy vir haar diep in die R80 000 uitkeer. Hy het bygelas en vir Lollo R100 000 oorbetaal. Beursie se geld wys die rente in omgee is duisend keer meer werd as geld.

Meer oor:  Charles Smith  |  Rente  |  Studiegeld  |  Liefdadigheid  |  Hulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.