Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die mure word al hoe hoër, die fietse ál stiller
Esté Gross

Die dag toe ons gesin in die spoorweghuisie met sy rooi bakstene, sinkdak en silwerkleurige voorhekkie in Bokmakierie-straat in Komatipoort ingetrek het, het ons buurmanne weerskante oor die muur gespring om ons te help uitpak.

Van die regterkant het oom Jan Brood oor sy gebuigde draadheining gespring en van links het oom Jan van Riebeeck soos ’n wafferse hoogspringer oor sy betonmuur geseil.

Jan Brood is so gedoop omdat hy brood afgelewer het. Die vensters van sy ou, roomkleurige Volkswagen Kewertjie was soggens nog toegewasem wanneer hy met sy varsgebakte vrag wegtrek. Ek dink hy was al afgetree, want die res van die dag het hy die omgewing sit en dophou.

Jan van Riebeeck het weer sý bynaam gekry oor sy lang, ligbruin, krullerige hare en welige snor. Hy was oorspronklik van die Karoo se wêreld en het altyd na sy vrou verwys as “hy”. Hy het as ’n wielklopper by die spoorweë gewerk.

Hy het een aand so geskreeu dat my stiefpa inderhaas gaan kyk het wat is fout. Oom Jan het toe sy tand wat pyn, sommer met ’n tang uitgetrek.

Saterdagmiddae was dit Jan van Riebeeck se boeremusiek-uur. Hy het onder sy afdak gesit en kliphard na Vastrap op RSG geluister terwyl “hy” sy Klippies-en-Coke vir hom aandra.

Vandag sluit Ma haar voorhekkie met ’n slot en in die aande ook die traliedeur voor haar slaapkamer.

In daardie 60 minute het hy nie net die trein se wiele met sy hamertjie geklop nie, maar in sy verbeelding iewers ver van Bokmakieriestraat op ’n stoomtrein vertrek.

Ek was nog op laerskool en onthou dit as ’n sorgelose tyd. Die mure tussen bure was nie hoog nie, want dit was nie nodig nie. As jy die dag besluit het om kaalvoet iewers heen te loop, was jou enigste bekommernis om vinnig te kan mik vir ’n koeltekol in die warm Komati-son.

Ná skool het ek die hele dorp op my fiets verken saam met Stokkie, my langbeen-foksterriër, penregop in my fiets se mandjie.

Dit is ook nou al meer as twee dekades terug.

Waar almal is en hoe dinge dalk verander het, weet ek nie.

Ons het verhuis na Heidelberg, Gauteng.

Daar kon ek ook nog vir ’n ruk met my fiets saam met vriende verdwyn, maar nie vir lank nie. Ma het al hoe meer bekommerd geraak oor my veiligheid.

Toe my kleinsus (agt jaar jonger as ek) laerskool toe is, was daar lankal nie meer sprake van alleen iewers heen fietsry of skool toe stap nie.

Vandag sluit Ma haar voorhekkie met ’n slot en in die aande ook die traliedeur voor haar slaapkamer.

Ou tannie Hester, ’n tante van my stiefpa, het eenkeer gesê: “Die mure word al hoe hoër en die fietse al hoe stiller. Mense trap vir ’n vale oefenfietse in hul huise, maar gaan nêrens heen nie.”

Eintlik kom die inperking al ’n lang pad. Ons het lankal geleer om daarmee saam te leef.

  • Gross is ’n omroeper, joernalis en sangeres.
Meer oor:  Esté Gross  |  Verlede  |  Kinderdae  |  Fietse  |  Mure  |  Beveiliging  |  Veiligheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.