Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Dié ondersoeke kan weg aandui

Suid-Afrikaners se aandag is stewig gefokus op drie ondersoeke na gebeure wat die land groot skade berokken het.

Die eerste is regter Raymond Zondo se kommissie van ondersoek na staatska-ping; die tweede is die Nugent-kommissie van ondersoek na probleme by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID); en die derde is die parlementêre ondersoek na die ineenstorting van Steinhoff, die grootste in sy soort in Suid-Afrika se korporatiewe geskiedenis.

Die vroeë aanduidings in elk van dié ondersoeke is groot ongerymdhede in die openbare én private sektore.

Getuienis voor die Zondo-kommissie het aanduidings gegee van die skade wat oudpres. Jacob Zuma die land aangedoen het vanweë sy verhouding met onder andere die Guptas.

Die SAID-ondersoek het gehoor van die vernietigingsrol wat die diens se geskorste hoof, Tom Moyane, gespeel het.

Getuienis voor die parlementêre ondersoek na Steinhoff dui op grootskaalse verduistering van beleggingsgeld en die ondermyning van aandeelhouers se waarde en belange. Derduisende pensioentrekkers word nadelig geraak.

Al drie die ondersoeke het nog ’n pad om te loop voordat finale uitsluitsel gekry kan word oor presies wie waaraan aandadig is. Die moontlike gevolge vir die vermeende belhamels, insluitend Zuma, kan verreikend wees.

Die mense wat betrek word, maak ten volle gebruik (of misbruik) van ons oop regstelsel en die gevestigde beginsel “onskuldig tot skuldig bevind”.

Die mense wat betrek word, maak ten volle gebruik (of misbruik) van ons oop regstelsel en die gevestigde beginsel “onskuldig tot skuldig bevind”.

Dit kan prosesse vertraag, maar moet toegelaat word om regverdigheid en regsekerheid te verseker.

Dit sal egter nie noodwendig die einde van die proses wees nie. Die onderskeie bevindings sal waarskynlik in die howe uitgedaag word, wat nóg maande of selfs jare by die tydraamwerk kan voeg.

Strafregtelike vervolging lê nie op die weg van die ondersoeke nie, maar aanbevelings in hierdie verband kan daaroor gemaak word.

Hoe spoedig daar strafregtelik opgetree word, sal afhang van wie aangestel word as hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG).

Daar kan verwag word dat Zuma die politieke invloed wat hy nog het, sal inspan om optrede teen hom te systap. Hy sal swaar leun op die ANC, en dit is nie heeltemal seker hoe die regerende party sal reageer nie.

Zuma bly gewild binne die party en sal dit nie maklik maak vir enigiemand wat hom sal wil straf vir sy vermeende aandeel aan staatskaping nie. Moyane blyk ook goeie politieke konneksies te hê en sal waarskynlik ook sy netwerke inspan om stappe teen hom te stuit.

Diegene wat betrek word by die Steinhoff-sage sal dit moeiliker vind om optrede teen hulle te vermy.

Diegene wat betrek word by die Steinhoff-sage sal dit moeiliker vind om optrede teen hulle te vermy.

Die Zondo-kommissie het tot twee jaar om sy werk af te handel. Dit klink na te veel tyd, maar die kwessies is kompleks en deeglikheid is belangrik.

Daar is die risiko dat vuisvoosheid by die publiek kan intree en hulle belangstelling sal verloor. Hopelik sal die media help om die ondersoeke lewendig te hou in die nasionale geheue.

Daarbenewens blyk dit dat Zondo en regter Robert Nugent ’n duidelike bewustheid het van die belangrikheid van hul taak. Dieselfde geld hul spanne getuienisleiers, wat bekwaam en wakker voorkom.

Kommissies van ondersoek is niks nuut in Suid-Afrika nie en is in die verlede dikwels deur die ou Nasionale Party gebruik om irriterende kwessies onder die mat in te vee.

Suid-Afrika kan net hoop dat die drie huidige ondersoeke diep sal delf en verseker dat die belange van die land en sy burgers behoorlik gedien word.

Dit kan die langdurige stryd teen ongerymdhede in die openbare én private sektore tot ’n heel nuwe vlak voer.

Meer oor:  Henry Jeffreys  |  Korrupsie  |  Staatsgreep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.