Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die plesier van allerlei vreemde snippers nuus

Ek luister altyd so na ouens wat spog dat hulle nooit meer ’n koerant lees nie oor al die slegte nuus.

Kop in die grond soos volstruis se kind.

Ek bekyk natuurlik elke koerant uit ’n heel ander hoek. Behalwe dat jy nie ’n ordentlike vuur kan maak sonder ’n koerant-koerant nie, moet jy net fyn kyk om te sien hoe vol die ding is van alledaagse plesiertjies en nuttelose beuselagtighede.

Vir daai ou snippertjies nuus hou ek so ’n spesiale koevert byderhand. Gooi hom op ’n tafel uit en kyk watse kleurryke oes daar voor jou lê.

’n Oes wat baie vrae ontlok.

“Hormoonstudie leer rotte kar bestuur” (hoekom sal jy jou rot bestuurslesse laat neem?). “Te lank, te vet vir tronksel, hoor hof” (hoekom nie net eenvoudig langer selle bou vir langtermyngevangenes nie?). “Japanse posman lewer 24 000 stukke nie af” (wat is dan statisties die kans dat ’n Suid-Afrikaanse posstuk ooit ’n Japannees sal bereik?). “Vroue vloek meer as mans – studie” (meisietjies was nog altyd taalvaardiger as seuntjies, so what?).

“Man gryp kans aan, besteel winkelrower” (gee jy hom ’n medalje of ’n vonnis?). “Betaalde verlof vir pa’s in Finland tot sewe maande verleng” (met al daai leeglêtyd is die volgende enetjie al amper daar, of hoe?). “Olifantmis-jenewer ’n treffer” (eerder dalk ’n voltreffer?) en dan hierdie week se wenner: “Polisie soek na leeus in Westonaria” (Westonaria? Rêrig?).

Hulle stop toe in Brandfort vir ’n lafenissie, maar toe hulle laatmiddag by hul lorrie kom, is die leeus skoonveld.

As dit nou Nelspruit, Malelane of Witrivier was of selfs Beaufort-Wes, sou dit seker nog kon sin maak, maar wat op die liewe aarde sou die vuilbaarde in Westonaria gaan soek?

En toe dink ek aan die aand toe ek en wyle Piet Steytler en Boetman in die halfafgebrande Magoebaskloof-hotel se kroeg gesit het en Piet vertel het van die twee broers wat daar in die 1960’s twee sirkusleeus van Port Elizabeth af Johannesburg toe moes bring.

Hulle stop toe in Brandfort vir ’n lafenissie, maar toe hulle laatmiddag by hul lorrie kom, is die leeus skoonveld. Die hele dorp en omstreke se mans word opgekommandeer om te soek, terwyl die vrouens en kindertjies vreesbevange agter slot en grendel skuil. Dis lampe en flitse en gewere, maar die twee ta’s is skoonveld. Vroegoggend hoor die een broer ’n snorkgeluid by die lorrie en gedoriewaar, daar lê die twee mak vuilbaarde onder die seiltjie waar hulle weer gaan inkruip het.

Of ou Hein daar van Vrede se leeustorie. Dis ’n mooi herfsoggend toe Hein se selfoon lui. Dis sy voorman wat doodbenoud rapporteer: “Ntate, jy moet kom, hier ’n gróót lou!” Hein weet van die leeuplaas aan die ander kant van die dorp, maar is ’n lou en ’n leeu dieselfde ding?

“Waar is jy, Andries?”

“In die boom, Ntate, en die lou kyk vir my.”

“Hoe lyk daai ding?” wil Hein half ongelowig weet.

“Hongor, Ntate, f****n hongor.”

Nou ja.

Meer oor:  Blouwillem  |  Koerante  |  Media  |  Leeu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.