Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
'Die Vrystaat is nes Zimbabwe ook opge***'
Charles Smith

“O, my ***!”

Dit was ’n Zimbabwiër in die Vrystaat se reaksie die week toe ek terg dat Ace na Zim is om dié land te red.

Al is daar nie veel oor in sy moederland nie, is dit steeds ’n land waarna hy hunker. Anders as die Vrystaat met al sy potensiaal wat onder Ace geplunder is.

Is die Vrystaat regtig so erg soos Zim?

Sekerlik nie. Die Vrystaat het alles wat jy nodig het, mits jy ’n werk en geld het. Maar 70% van ons mense se lewe hang aan ’n draadjie, danksy die ANC-regering wat hul regte vertrap.

Dit is waar die ANC en Zanu-PF presies dieselfde is. Dit is hoekom Ace so lekker hand om die blaas is met die “Krokodil” (Emmerson Mnangagwa). Ironies dat PW Botha se bynaam ook die Groot Krokodil was, nè, Ace.

As jy dink ek en die Zimbabwiër oordryf, kom bietjie uit van agter jou duiwelsvurkheining (as jy dit kan waag) en besoek die townships en die klein dorpe. Jy gaan tot in jou siel geskok wees as jy sien hoe wanhopig mense geword het. Werk is skaars en die honger maak dat geweld al hoe erger word.

In ’n gesprek met ’n stoere ANC-lid wat self te na gekom is omdat sy deur die staatskapers uit senior poste gestoot is, besef ek hoekom die Zimbabwiër so skepties oor ons toekoms is.

Terwyl die klein kindertjies in die ry staan vir kos, sien hoe ons hoe die een ná die ander oumens uit die township stap om in die ry te kom staan. Dit vir net pap en melk.

Sy vertel hoe hulle dié week ’n voedingskema by skole aan die gang gekry het omdat die kinders honger opdaag. Die meeste kospakkies wat die staat moes voorsien, het nooit by die mense uitgekom nie. Ons weet die pakkies is laas in die Vrystaatse premierswoning en die Mangaung-metro gesien.

“Terwyl die klein kindertjies in die ry staan vir kos, sien hoe ons hoe die een ná die ander oumens uit die township stap om in die ry te kom staan. Dit vir net pap en melk. Nee, my hart het gebreek,” het sy vertel.

Die tonele wat sy van die townshipskole skets, waar sy skoolgee, breek jou hart. Dieselfde grys apartheidskole moet die mense bedien. In die meeste klasse is tot 70 kinders, terwyl die norm in die stadskole sowat 30 kinders per klas is.Vakbonde het dit reggekry dat skoolhoofde wat net nóg kinders inneem ’n groter salaris kry, terwyl die onderwysers hopeloos onderbetaal is. “As die miljarde wat gesteel is net vir ons skole kon bou,” sê sy moedeloos. “Dié geld is uitgesuip!”

In Ace se tyd is ’n wiskundeprogram uit Indië teen miljoene rande ingevoer. Maar dit was te moeilik om te implementeer. As onnies vrae gehad het, moes hulle dit na Indië stuur. Dan moes die Vrystaat miljoene opdok vir hul eie oplossings wat hulle noodgedwonge self moes aanbring terwyl hulle wag.

Dit ruik na Vrede se koeimis en die Gariep-visprojek se vrot vis, ja. Maar jimmel, hoe lank gaan ons nóg die sotlike, bose korrupsie sluk, wonder ek en die ANC-lid. G’n wonder die man van Zim glo ons is ge*** nie.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Charles Smith  |  Zimbabwe  |  Vrystaat  |  Armoede  |  Honger  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.