Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die waarde van dinge en mense

Een van die filosoof Carl Jung se bemoeienisse was sinchronisiteit, ’n gebaadjie-en-dasde weergawe van die alledaagse toeval. Daar kan, het hy aangevoer, betekenisvolle verbande tussen dinge lê, al is hulle nie kousaal aan mekaar verbind nie.

’n Mens hoef egter nie vir Jung die paranormale in te neem soos Arthur Koestler dit in The Roots of Coincidence (1972) gedoen het om soms teen die slaap getref te word deur die verrassende en insiggewende naasmekaarval van dinge nie. Die ars poeticavan banieropskrifte en dagboekinskrywings, sou ’n mens dit, met permissie, kon noem.

Verlede Maandag skakel ek op ’n kunsafslaer se internetveiling in. Weke vroeër al het ek die helder en ironiese skildery Die raadsvergadering deur Pancho Guedes onder “moet hê” ingepotlood. Met ’n prysraming van R5 000 sou dié blik-van-bo op pienkwit Hompiekedompie-koppe – en ’n grysswarte – om ’n tafel byeen my bankbestuurder nie te kriewelrig stem nie.

Guedes was nie in die eerste plek ’n visuele kunstenaar nie. As sewejarige het hy van Lissabon, Portugal, in Mosambiek aangekom. As argitek sou hy vir die eertydse Lourenço Marques (Maputo)se verstommend modernistiese gesig pa staan.

In 1974, toe die Angelier-revolusie in Lissabon tot ’n Frelimo-oorname in Mosambiek lei, is Guedes en ander 24 uur gegee om met 20 kg se besittings vort te wees.

In 1974, toe die Angelier-revolusie in Lissabon tot ’n Frelimo-oorname in Mosambiek lei, is Guedes en ander 24 uur gegee om met 20 kg se besittings vort te wees. Hy neem toe die stuur van die Wits-argitektuurskool oor.

Teen laatmiddag het die bod vir dié eksentrieke prent deur ’n randeier reeds die stratosfeer ingeskiet: R24 000!

My handdoek lê teleurgesteld langs die vendusie-ring. Nes ek ’n halfuur voor sluittyd ter vermaak en stigting na die veiling terugkeer, lui my foon: R50 000.

“Is dit mnr. Meiring?” sê ’n luide mond vol pruim. “Dis Jonathan Miles hier van die Trumpington-galery in Cambridge . . .” Ek onthou hóm goed.

Die waarde van dinge en mense is inderdaad soms moeilik om te voorspel, besef ek opnuut twee aande later wanneer ek hoor die legendariese George Bizos is dood.

Voordat ek in 2009 na Suid-Afrika teruggekeer het, het ek etlike stukke wat ek met ’n studentebeursie by Bonhams se reserwelose veiling in Londen gekoop het, by sy uitmuntende onderneming laat restoureer.

“Ek’t nog ’n skildery van u hier,” sê hy. “Toe u tien jaar gelede die ander afgehaal het, het dit hier agtergebly. U sou ’n reëling tref om dit as geskenk by iemand te laat aflaai.”

Wat my natuurlik ontgaan het.

“Nou die aand was twee chums van my hier, hulle is advokate in Londen. Die een reis soms na Afrika. Ek vra hom of hy ooit Suid-Afrika toe gaan. Hy sê nee, maar wil weet hoekom ek vra.”

Om ’n lang storie kort te maak, mnr. Miles gee hulle my van en sê dat ek in Suid-Afrika ’n advokaat sou word. ’n Flinke internetsoektog later het hy ’n nommer in die hand.

Nes die Guedes-skildery R70 000 tref, bel mnr. Miles en ek antwoord. Die skildery wat hy onder sy arm het, is ’n strandtoneel onder ’n stormhemel deur Hans Schwarz, wat in 1938 in Oostenryk gebore is en wat ná die Anschluss op die Kindertransport Engeland toe is.

Ek duisel oor die digterlikheid van dié rare sinchronisiteit, terwyl die vraag na Guedes verder die hoogte inpyl en die bod uiteindelik op ’n fabelagtige R90 000 toegeslaan word.

Die waarde van dinge en mense is inderdaad soms moeilik om te voorspel, besef ek opnuut twee aande later wanneer ek hoor die legendariese George Bizos is dood. Jare gelede spring ek op ’n reënoggend in Athene, Griekeland, in ’n taxi, oudergewoonte laterig vir ’n vlug. “Suid-Afrika,” herhaal die bestuurder. En voeg dan triomfantlik by: “George Bizos! Ons was kleintyd, voordat hy Afrika toe ontsnap het, maats.”

In my sit steier ek. “In ’n dorpie vlak by Kalamata.”

  • Meiring is ’n Gautengse regsgeleerde.
Meer oor:  George Bizos  |  Jean Meiring  |  Besittings  |  Mense
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.