Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die waarheid is jou koerant se grootste bate
Martie Retief Meiring

’n Tienling is gebore. ’n Diamantstormloop woed in KwaZulu-Natal.

Op 7 Junie berig Pretoria News dat ’n tienling in Gauteng gebore is.

’n Week of wat later tel Phoko Mofokeng, ’n veewagter, blinkerige klippies in KwaHlathi op.

Binne ’n dag storm van gogo’s tot kinders met grawe en pikke en dolf die grond om op soek na diamante, met drome van huise, kos, karre. Foto’s (en verwagtinge) vlieg die wêreld in.

Wondere is besig om ons te gebeur. Daar’s nie net slegte Covid-19-nuus nie. Nege is die wêreldrekord vir veelvuldige geboortes, maar Suid-Afrika verbeter die rekord. Die wêreld word verarm deur die pandemie, maar diamante word in Suid-Afrika ontdek.

Gou word die droom geblus. Ondersoeke dui dat die “diamante” kwarts is. Talle ondersoeke wil ook daarop dui dat Suid-Afrika se tienling nie bestaan nie. Maar Pretoria News hou vol. Die ganse land word opgesweep in ’n golf van bewerings en ontkennings.

Ek onthou Rampedi as ’n belowende jong verslaggewer. Toe gebeur iets. Het Rampedi ’n klap weggekry van iets tussen ’n baron Munchausen en Walter Mitty?

Uiteindelik vra die joernalis wat die berig geskryf het verskoning. Maar wat het Piet Rampedi gedryf tot wat ons as joernalistieke waansin lees?

Hy is die redakteur van die 120 jaar oue en eens hoogs gerespekteerde, hoewel klein, Pretoria News. Wou Rampedi sy koerantsirkulasie bou? Praat dus van nuwe lewe pleks van Covid-sterftes? Hou dan die malle misterie aan so lank as jy kan.

Ek onthou Rampedi as ’n belowende jong verslaggewer. Toe gebeur iets. Het Rampedi ’n klap weggekry van iets tussen ’n baron Munchausen en Walter Mitty?

Hy word ’n bedenklike “ondersoekende joernalis” toe hy saam met Mzilikazi wa Afrika ’n “rampokker-eenheid” in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens “ontbloot”. Hy word ontmasker. Hy verloor sy pos. Hy word “gered” deur die ryk Independent-koerantbaas dr. Iqbal Survé, wat sy tienling-storie sterk steun – met selfs die groteske foto van die “swanger” Gosiame Sithole.

Die verhaal neem bisarre wendings. Wie het vir wie gelieg? Wie vind regtig baat by dié storie? Kan dit Rampedi of Survé skeel dat Suid-Afrika se naam behoorlik gat gemaak is met hierdie “scoop”?

Survé is Suid-Afrika se moontlike naaste vergelyking aan Rupert Murdoch, wat talle koerante besit, maar nie veel ag vir korrektheid of reëls het nie. Soos Murdoch is Survé skatryk, onbeskof.

Tien jaar gelede moes Murdoch een van sy groot geldmakende koerante in Engeland, News of the World, ná 125 jaar sluit oor skandalige joernalistieke gedrag weens ongemagtigde inbreuk op private inligting. Tans word Murdoch, nou ouer as 90 en getroud met Mick Jagger se eksvrou Jerry Hall, daarvan verdink dat hy die 6 Januarie-insurgensie in die kongresgebou in Washington in die VSA goedkeur. Hy is immers die baas van die regse Fox-nuusorganisasie.

Survé én Rampedi is nie so magtig of omstrede nie, maar hoe sal Pretoria News die tienling oorleef? Jou koerant is immers jou waarheid, dan nie?

Meer oor:  Martie Retief-Meiring  |  Joernalistiek  |  Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.