Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die wêreld se oë op Frankryk se eksperiment

Hoe gaan ’n verkose owerheid in ’n liberaal-demokrasie grootskaalse, deels gewelddadige proteste tegemoet?

In Frankryk kan ’n mens tans ’n interessante eksperiment sien. Dáár stroom tienduisende ontevrede Franse, bekend as die gilets jaunes (geelbaadjies), nou al weke lank elke Saterdag die strate in om teen pres. Emmanuel Macron te protesteer. Dit het begin as protes teen die verhoging van brandstofpryse, maar het geëskaleer tot ’n verwerping van Macron se hele neoliberale ekonomiese hervormingsbeleid.

Macron is verlede jaar met ’n groot meerderheid tot president verkies met die belofte dat hy die Franse ekonomie, wat weens jare se sosialistiese maatreëls ondoeltreffend geraak het, sou loswring. Maar die maatreëls bring pyn mee, veral op die platteland en onder arm mense. Bowendien het hy sedert sy verkiesing ’n arrogante indruk gemaak. Dus het die betogings spontaan ontstaan. Sedertdien was daar ’n paar opmerklike ontwikkelinge in die betogings.

Eerstens is die protes deur ’n minderheid gewelddadige linkse en regse ekstremiste gekaap. Die beweging het ruweg geskeur tussen dié wat hul frustrasies deur vreedsame betogings wil uitspreek, en die gewelddadige element wat uit is op die omverwerping van die politieke stelsel.

Die ekstremiste moet nog besluit of hulle links of regs is. In dié stadium lyk dit of die regs-populistiese Rassemblement National van Marine le Pen die meeste bevoordeel word.

Die tweede ontwikkeling is dat die beweging – altans die sogenaamde ekstremistiese vleuel – sy spontane, ongeorganiseerde en leierlose aard begin verruil vir groter organisasie en meer struktuur.

Dit gaan met ’n derde ontwikkeling gepaard, naamlik dat die ekstremiste se onverdraagsaamheid en die oorgawe waarmee hulle winkels, huise en voertuie tydens die betogings flenters slaan, die “gematigdes” begin afskrik.

Daarom het die getalle geelbaadjies die laaste weke beduidend afgeneem, ofskoon daar ’n week gelede weer meer op straat was.

Peilings wys dat die meeste Franse simpatie met die protes het, maar dat hulle nie van die geweld hou nie. En dus word ’n yslike betoging téén die geelhemde vir 27 Januarie in Parys beplan. Die hoop is dat dit – nes ’n soortgelyke teenbetoging in 1968 – die opstand die nekslag sal toedien. Of dit gaan gebeur, is nog te sien.

Daarom het die getalle geelbaadjies die laaste weke beduidend afgeneem, ofskoon daar ’n week gelede weer meer op straat was.

Intussen het Macron met ’n interessante eksperiment geantwoord: ’n nasionale debat waarin die Franse kan sê wat hulle pla en hoe dit verbeter kan word. Terselfdertyd besoek hy verskeie plekke in die land om met mense te praat. Sy eerste besoekpunt was in Normandië, waar hy met sowat 600 burgemeesters gepraat het. Hulle het besonder krities begin, maar het geëindig met ’n staande toejuiging.

Die uiteinde van die eksperiment sal wêreldwyd dopgehou word.

Meer oor:  Leopold Scholtz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.