Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die wêreld van videospeletjies het twee kante

Selfs minister Malusi Gigaba het nou uitgevind dat jy nie ’n visa nodig het om in die kuberruim te beland nie – of jy nou klere aan het of nie.

Narsiste, afloerders, spioene en regerings leef as’t ware in hul eie en in ander mense se geheime. Ai, keiser Malusi, dat jou video nou so deur die kuberruim moet reis.

Ek ken darem ’n oupa wat op ’n heel ander manier die wondere van die videowêreld beleef het. Hy dog nog hy sit met sy slim kleinseun voor die rekenaarskerm, toe is hy woerts! agter die kind in ’n futuristiese helikopter.

Hul sending? Vang terroriste. Swoesj is hulle die ruimte in. Hulle draai knoppies, beplan, bekyk, beplan weer, en toe, eureka! Daar’s die terroriste. Ta-ta-ta skiet die helikopter almal dood, behalwe een wat lelik lê en bloei.

Kleinboet swoesj weg. Oupa: “Maar jy kan mos nie die man net daar laat lê en bloei nie.”

Kleinboet swoesj weg. Oupa: “Maar jy kan mos nie die man net daar laat lê en bloei nie.”

Oukei. Geen probleem nie. Die helikopter styg vinnig op, swoesj terug, die vlieënier ( kleinboet) spring uit, en sny die terroris met ’n groot mes keelaf. Klim terug in, styg op (dawerende elektroniese begeleiding) en swoesj terug basis toe. En daar land ’n effens oorblufte maar diep beïndrukte oupa terug in sy stoel.

Oupa se kind ís superslim – soos so baie van deesdae se tienerseuns. Ma en Pa kla hul kinders is videomal. Maar eintlik, en so sien Oupa dit ook, is hierdie videospelers oplossing-gedrewe. Hulle werk situasies uit. Kyk hoe om uit die verknorsing te kom. Hoe om te wen.

Binnekort gaan alle oupas se tienerkleinseuns wonderwerke uitrig met fisika. Hulle gaan goedjies ontwerp wat so klein is jy kan dit skaars sien, maar daardie dingetjies gaan jóú sien. ’n Nuwe Brave New World?

Maar waar is oupa se kleindogter dan? Sit sy in haar kamer en los gewigtige vrae op? Soek sy oplossings vir aardverwarming, vir renoster-bewaring, van hoe om ’n maaltyd in twee sekondes te berei?

Is sy besig om die miniaturisering van satelliete te beplan? Terwyl al die masjiene kleiner word, lyk dit op straat of net die meisies se jeans kleiner word. Grappie, maar dalk is daar ’n punt.

Is Wonder Woman genoeg om die tienermeisies voor te berei vir daardie dapper nuwe wêreld? Of word sy hoofsaaklik ingelig oor langer naels, langer hare, dikker wenkbroue en veral dikker lippe, asook hoe om ’n kêrel te soek – en hom dan te hou?

Het daardie spannetjie vroue wat uitdagings in die wetenskap, landbou en selfs oor die werkinge van die brein aanpak as tieners reeds begin oplossings soek?

Was hulle die soort wat ouma se vergrootglas gegaps het om klein insekte te bekyk? Het hulle huise uit karton probeer bou? Het hulle genoeg videospeletjies as tieners gekry om geheime te probeer oplos?

Of is die verdomming van tienermeisies veel lonender in die videomark?

Meer oor:  Martie Retief Meiring  |  Jeug  |  Videospeletjies  |  Menings  |  Oupa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.