Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Die Zille-skool vir kritiese denke?
Heindrich Wyngaard

Onder Napoleon Hill se sewentien beginsels van sukses in sy boek Success Habits word “definite­ness of purpose”, oftewel besliste doelgerigtheid, as die belangrikste beginsel gelys. Hill hou dit dan ook voor as die vertrekpunt van enige noemenswaardige pre­stasie.

Hiervan is iemand soos Helen Zille ’n sprekende voorbeeld. Ons ken haar as doelgerig, en daarmee saam as iemand wat uitvoering gee aan die twee stappe wat Hill voorstel as steunpilare vir hierdie doelgerigtheid: Dit moet saamloop met ’n duidelike plan, en dié plan moet deur aksie gevolg word.

Dít was Zille as Wes-Kaapse premier, provinsiale minister van onderwys, Kaapstadse burgemeester en DA-leier, alles rolle wat sy op uitsonderlike wyse vertolk het. En sy het daarop aangedring dat diegene wat deel was van haar kabinet, burgemeesterskomitee, bestuurspanne en partyleierskorps haar hierin moes nadoen.

Haar werkywer is nie deur kantoorure bepaal nie. E-posse sou sy ounag stuur, vergaderings sou sy douvoordag belê, en altyd sou sy deeglik voorbereid wees. Dis ’n rariteit in leiers, ongeag of hulle in die openbare of private sektor is. Sanlam se oudbaas, Johan van Zyl, was ’n uitsondering, en of Zille nou van dié vergelyking hou of nie, óók oudpres. Thabo Mbeki.

Indien jy egter na die reaksie op haar eerste rubriek oor dié onderwerp kyk, besef jy hoe maklik haar skryfprojek teen haar en die DA kan draai.

Die Wes-Kaap se nuwe premier, Alan Winde, het dus gróót skoene om vol te staan. Tot nou, net ’n bietjie meer as drie weke ná sy verkiesing, het hy wel belangrike tekens getoon dat hy voornemens is om góéd te regeer.

Leefstyloudits is sy nuwe provinsiale ministers se voorland, en hoewel ’n mens vrae kan opper oor die samestelling van sy kabinet, kan jy hom nie beskuldig dat hy, soos Zille berug was om te doen, ’n hoofsaaklik manlike – en wit – kabinet saamgestel het nie.

Zille het egter politieke goedheid en guns geniet, asook die vermoë tot goeie openbare betrekkinge en die kundigheid van ’n verkoopspersoon.

Wat dit beteken het, is dat ook haar DA-“diversiteitsprojek” nie sommer bevraagteken sou word nie.

Sou dit nie juis nou gepas wees dat sy ’n pos as dosent aanvaar of ’n ambassadeurspos soos haar voorganger Tony Leon nie?

Nou erken sy self dat hierdie teenstrategie vir die ANC se “rassepolitiek” en “rassehegemonie” geboemerang het – enersyds oor dit nie gekeer het dat die DA steeds as ’n “wit” party deur opponente uitgekryt is nie. Maar ook omdat die DA se nuwe “diverse” leierskorps haar uiteindelik (weens haar veelbesproke kolonialisme-twiets) as een van die grootste oorsake van dié (misplaaste?) politieke albatros beskou het.

Ons weet dit nou omdat sy dit openbaar gemaak het as deel van ’n reeks rubrieke vir Rapport waarin sy selfondersoek oor haar jare as leier doen.

Indien jy egter na die reaksie op haar eerste rubriek oor dié onderwerp kyk, besef jy hoe maklik haar skryfprojek teen haar en die DA kan draai. En dis nie asof die party ná sy onbevredigende verkiesingsvertoning veel verdere slae kan verduur nie.

Die vraag is dan waarmee Zille haar besig sou kon hou anders as om die kat in die duiwehok los te laat met haar skryfwerk en twiets – en dan uitsprake waarin sy haar rubriek en twiets probeer verduidelik?

In haar geval sou dit nie té vergesog wees om haar gelyk te stel aan ’n “provinsiale staatshoof” nie, maar nou loop sy gevaar om dié aansien te versuur met meerderwaardige mistastings.

Sou dit nie juis nou gepas wees dat sy ’n pos as dosent aanvaar of ’n ambassadeurspos soos haar voorganger Tony Leon nie? Of wat van ’n Helen Zille-akademie vir kritiese denke siende dat sy so gereeld – aspris, so beweer sy – verkeerd verstaan word?

Akkurate denke is reeds nóg een van Napoleon Hill se beginsels van sukses.

  • Wyngaard is ’n kommentator oor ak­tuele sake en televisie-aanbieder.
Meer oor:  Heindrich Wyngaard  |  Helen Zille  |  Rubrieke  |  Twiets  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.