Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Dink mooi oor hantering van teleurstelling

Teleurstellings van alle aard is in koerant­berigte te lees.

Donald Katts

Gewone mense ervaar teleurstellings, of dit nou is weens werkverlies, omdat ’n verhouding skeefgeloop het en of dit is oor die politieke verval van dienslewering of die skade wat berokken word deur die afbreek van standbeelde en beskadiging van universiteite.

Die nuus van die afdanking van eNuus se weervoorspellers val in die kategorie van teleurstellings.

Dit bly jammerlik wanneer mense hul werk verloor, nie omdat hulle nie meer oor die vaardighede beskik nie, maar bloot omdat hul vaardighede vervang kan word. Een van die weervoorspellers hanteer dit egter goed en praat van die besluit om haar en die res te laat gaan as ’n “goeie skok” – dalk omdat sy nou meer op ander dinge kan konsentreer. Maar hoe hanteer ons algemene of persoonlike teleurstellings?

Sommige mense bars in woede uit om hul teleurstelling te kenne te gee, terwyl ander tot geweld en gewelddadige optrede oorgaan, soos die beskadiging van standbeelde en geboue.

Dan is daar diesulkes wat hulle weer wend tot die skryf van ope briewe.

Van die beste raad wat ek al ontvang het oor hoe om teleurstelling te hanteer, is om te besef dat almal foute maak.

Ons word teleurgestel omdat ons van onsself en ander soms hoë, onmenslike en onrealistiese verwagtings koester. Analiseer en evalueer jou situasie en kyk of dit dalk die oorsaak van jou teleurstelling is. Ons moet met ons eie en ander se beperkings rekening hou. Praat met die betrokke persoon oor dit waaroor jy teleurgesteld voel. ’n Verdraagsame gesindheid help baie.

Afstand tussen jou en diesulkes of organisasie wat jou teleurgestel het, bring perspektief en kalmeer die gemoed.

Afstand tussen jou en diesulkes of organisasie wat jou teleurgestel het, bring perspektief en kalmeer die gemoed.

En hou dan vas aan die wete dat God met alles ’n plan het en dat Hy weet wat Hy doen. Ja, Hy sal ons krag gee om oor die teleurstelling te kom. In ’n tyd van teleurstelling rig 1 Korintiërs 10:13 ons met dié woorde: “Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.”

En die beste advies wat ek nuttig gevind het in tye van teleurstelling is om nié groot besluite te neem terwyl jy so voel nie, want jy kan net later besef dat jy jouself met die verkeerde besluit in die voet geskiet het.

Vergifnis staan sentraal tot die hantering van jou teleurstelling en is ’n manier om jouself te heel en seker te maak dat verhoudings nie in die slag bly nie.

Teleurstelling lê seker op ons almal se weg, en een of ander tyd gaan ons daardie oomblik beleef. Soms kan dit ook as ’n “goeie skok” ervaar word, maar dit kan ons ook vernietig, ons selfbeeld skaad en toekomstige verhoudings belemmer.

  • Dr. Katts is ’n voormalige moderator van die Volkskerk van Afrika.
Meer oor:  Donald Katts  |  Teleurstelling  |  Hantering  |  Gedrag  |  Geloof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.