Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Dink mooi voor jy olie op vuur gooi
Alida Kok

In ’n debat in Kanada oor politieke korrektheid wat verlede week plaasgevind het, het die Britse komediant, akteur, skrywer en aanbieder Stephen Fry die volgende gesê oor die morsige debatte oor sosiale geregtigheid in die tyd waarin ons leef:

“A grand canyon has opened up in our world. The fissure – the crack – grows wider every day. Neither on each side can hear a word that the other shrieks and nor do they want to. While these armies and propagandists in the culture wars clash, down below in the enormous space between the two sides, the people of the world try to get on with their lives, alternately baffled, bored and betrayed by the horrible noises and explosions that echo all around. I think it’s time for this toxic, binary, zero-sum madness to stop before we destroy ourselves.”

Hy het verder redeneer dat ons in Suid-Afrika nie individue is nie, maar essensieel eerder lede van rassegroepe is.

Die kloof in die binêre stryd tussen twee groepe wat fundamenteel verskil, vergroot ook in ons eie openbare debat. Ek onthou toe ek die eerste keer regtig besef het hoe dié twee groepe van mekaar verskil. Dit was in ’n gesprek met ’n jong, swart pastoor by ’n konferensie oor etiese optrede in stelselingenieurswese in 2015.

Ons het die idee van die “token black”-karakter in flieks, musiekvideo’s, advertensies en werksplekke bespreek. In daardie stadium het die pastoor gereeld saam met groepe jong, wit, Afrikaanssprekende dominees gewerk en gesê dit maak hom woedend as iemand hom die “token black”-persoon noem, juis omdat so ’n omskrywing hom net afmaak as ’n lid van ’n groep en nie erkenning aan sy individualiteit gee nie.

Hy het bygevoeg dat hy wel bereid is om hierdie etiket van die “token black” te aanvaar, want dit is sy lot om ongeregtighede aan bevoorregte groepe wit mense uit te wys. Hy het verder redeneer dat ons in Suid-Afrika nie individue is nie, maar essensieel eerder lede van rassegroepe is.

Die dominante groot verhaal van ons tyd is dat jy nie eerstens ’n individu is nie, maar ’n lid van ’n groep en dat groepe in ’n magstryd is met mekaar.

Ek het loodreg teen sy argument ingegaan en daarop aangedring dat ek ’n individu is voordat ek ’n lid van ’n rassegroep is en dat ek weier dat ’n diskoers namens my besluit oor “wie ek is”. Dit het my menswaardigheid aangetas. Dit was ook duidelik in die gesprek dat ’n sekere manier van “wees” – ’n sekere ingesteldheid, trots en dryf – gepaardgaande was met albei van ons wêreldbeskouings. Sy menswaardigheid was ook aangetas.

As ek nou terugkyk na daardie gesprek, was die pastoor een van die eerste mense wat ek ontmoet het wat sosiale kommentaar gelewer het wat in lyn is met die nuwe dominante meta-narratief van ons tyd. ’n Meta-narratief is ’n teorie, “groot verhaal” of “grand narrative” wat as ’n bril gebruik kan word om sin te maak van die tendense in ons wêreld en wat as wegwyser vir ons besluite en aksies kan dien.

Die dominante groot verhaal van ons tyd is dat jy nie eerstens ’n individu is nie, maar ’n lid van ’n groep en dat groepe in ’n magstryd is met mekaar. Hierdie dominante, kollektivistiese siening is in stryd met ’n ander meta-narratief wat onderlê is deur die siening dat die individu soewerein is. Hierdie twee meta-narratiewe, of groepe, is aan die twee kante van Fry se groeiende kloof. Die een meta-narratief is nie meer reg as die ander een nie. Albei verteenwoordig net fundamentele maniere van “wees”.

Die besoek van AfriForum aan die VSA, Ashwin Willemse se protes by Super­Sport en verwante gebeurtenisse, en die talle oppervlakkige analises en besprekings daarvan, maak die water net meer troebel, want kommentators neem hierdie twee botsende meta-narratiewe nie in ag nie.

Voordat jy woedend raak oor ’n ope brief of sosiale kommentaar oor rassesake, dink eers aan watter kant van die kloof jy is en of jy net ’n bydrae lewer om ’n kultuuroorlog aan te vuur.

Meer oor:  Alida Kok  |  Sosiale Media  |  Rassehaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.