Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Dis nou die tyd vir burgerlike moed en krag
Nico Koopman

Toe die Covid-19-pandemie verlede jaar op ons toesak, het ons almal moedig gereageer. Talle het die krisis as ’n naelloop gesien. Ons het gemeen as ons net gehoorsaam is en by alle voorskrifte hou, sal ons met ’n spoedige oorwinning beloon word.

Dit het egter mettertyd duidelik geword dat die pandemie ’n marathon is wat nog lank met ons sal bly. Die intensiteit en tragedie van die tweede vlaag en die verwagting van ’n derde vlaag laat talle nou selfs van die Covid-19-pandemie as ’n ultramarathon praat.

Sommige voorspel dat ons nie die koronavirus sal uitwis nie, maar dat ons dit mettertyd beter sal kan beperk, beheer en bestuur. Soos ander siektes het dit gekom om te bly, meen sommige denkers.

Ons moet dus nie nou sit en wag op ’n dag wat die virus sal verdwyn en ons weer na die sogenaamde normaal sal kan terugkeer nie. Daar is waarskynlik ook kundiges wat hierdie prentjie as te donker beskou. Hoe ook al, dit is seker dat ons ten minste op kort en mediumtermyn sal moet leer leef met die pandemie.

Hiervoor het ons buitengewone krag en sterkte nodig.

Ek het nog nooit so baie, soos sedert Maart verlede jaar, die woorde van Handelinge 1:8 in my kop én hart hoor maal nie: “Julle sal krag ontvang as die Heilige Gees oor julle kom . . .”

Ek het nog nooit so baie, soos sedert Maart verlede jaar, die woorde van Handelinge 1:8 in my kop én hart hoor maal nie: “Julle sal krag ontvang as die Heilige Gees oor julle kom . . .”

Dié krag kom van die Griekse woord dunamis, waarvan ons woorde soos dinamies en dinamiet kry. Die krag wat van die Gees af kom, is die krag wat rotse kan stukkend breek. As die apostel Paulus aan sy jong kollega Timoteus skryf, herinner hy hom daaraan dat ons nie ’n gees van vrees het nie, maar wel van krag, dunamis, liefde en selfbeheersing (1 Timoteus 1:7).

In dié tyd kan dit voel asof ons onsself vasloop teen rotse. Dis dan goed om te onthou ons kry krag wat rotse kan breek. As vrees en angs ons benoud maak, is dit goed om te onthou ons kry krag uit die hemel wat vrees laat verdwyn.

’n Voormalige kollega het altyd daarop aangedring dat ons bestuurskragte moet monster wanneer moeilike besluite geneem word en altyd moet onthou daar bestaan nie iets soos ’n risikovrye besluit nie.

Ons het in persoonlike, professionele en openbare verbande bestuurskrag nodig om wyse besluite te neem te midde van hoë vlakke van onsekerheid en risiko vir onsself en ander.

Hierdie krag is in die geselskap van deugde soos moed, dapperheid, heldhaftigheid en onverskrokkenheid; asook geduld, verdraagsaamheid, lydsaamheid en volharding. Ons het krag nodig om die lyding en stryd van hierdie tyd te dra en ons het krag nodig om met wysheid die noodsaaklike besluite te neem en veranderinge te implementeer wat nou van ons gevra word.

Ons Duitse geliefdes noem dit morele krag, krag om te doen wat nóú reg is, Zivilcourage, burgerlike moed in bedreigende tye.

  • Prof. Koopman is ’n teoloog en viserektor aan die Universiteit Stellenbosch.
Meer oor:  Nico Koopman  |  Hoop  |  Geloof  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.