Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Dis tyd om dinge anders te doen

Daar is ’n verband tussen wat ons sê en hoe ons dit sê. En wanneer ons daardie verband ignoreer, ontstaan ’n dissonansie: ’n wanklank wat die toehoorders waarsku, diep in hul binnegoed. Dis soos die ongemak wat kinders beleef wanneer ’n onder-wyser skreeu oor respek, of wanneer ’n president wat beloftes verbreek het, nu-wes maak.

’n Vriendin vertel vir my van haar dekade lange soektog na ’n verhouding met God. Sy het in ’n streng Christelike huis grootgeword, waar die reëls beklemtoon is. Boonop was haar ouers, met waardering vir hul pogings om die regte dinge te sê, ongelukkige en gegriefde mense. In haar jong gemoed het ’n dissonansie weerklink: Hoekom sou ek ’n God kies wat my so swaarmoedig maak? Haar storie het darem ’n gelukkige einde: Haar ontdekking van die lewende Jesus wat met deernis praat en doen.

Ek sien die toekomskenners het ’n term: cocooning. Volgens hulle was die wêreld daarheen op pad en die pandemie het die proses versnel. Ons lewens gaan toenemend in kokonne gebeur. Ons koop aanlyn, werk tuis en hou selfs kerk met ’n toestel en ’n koppie koffie, knus in die bed. Dit help nie ons probeer ’n waarde-oordeel daaroor maak nie, dis bloot feite.

Die Amerikaanse verkiesingskonfe-rensies gebeur oor die volgende weke grootliks aanlyn, waar dit in die ver-lede ’n seisoen van massabyeenkomste en vele halfuur lange toesprake behels het.

Pastore en dominees moes in die laaste maande leer om aanlyn te be-dien, of jy nou in ’n rekenaarvaardige ouderdomsgroep val, of nie. Ons sal ook nie daarmee kan ophou nie, selfs al begin ons weer eredienste in die kerk hou. (Die kerke wat lankal hul mense aanlyn bedien het en ook op daardie manier toerustingsgeleenthede gebied het, is dus ’n ent voor – ons wou mos nie luister nie.)

Kind van God, wat jy kies om te doen en veral ook hoe jy dit doen, is nou regtig belangrik.

Daar is ook ’n atmosfeer van gelatenheid en dalk selfs ’n soort generiese depressiewe episode, wat soos ’n wolk bo mense se koppe hang. Ons is nou so ontnugter, woede help dalk nie eens meer nie. Ons grou diep na wat ons werklik glo, waarvoor ons sal opstaan: vryheid van spraak? menseregte? geloof, hoop, liefde? En wat kan ons daaromtrent doen? Geld gee vir organisasies, in ’n optog loop of ry, iets plaas op sosiale media of op die buurtwag-groep?

Terug na die verband tussen wat ons sê en hoe ons dit sê. Wanneer ek alles in ag neem, is ek oortuig dat hierdie ’n seisoen is soos geen wat ek tot dusver geken het nie. Nou, meer as ooit, het die wêreld nie meer suksesvolle mense nodig nie, maar mense met integriteit, en veral ten opsigte van ons Christen-skap: mense wie se woorde en stemtoon ooreenstem. Die geskiedenis het bewys dat dissipels van Jesus wat dit ver-staan, in moeilike tye hul nalatenskap verseker. Dietrich Bonhoeffer. Corrie ten Boom.

Die tyd is verby dat jy gehoor word as jy harder skree as jou opposisie. Mense het ’n diepe behoefte na egtheid en as ek en jy sê ons glo in Jesus, sal ons moet doen en praat soos Jesus, an-ders is die geloofwaardigheid daarmee heen.

Dis natuurlik ’n lewensreis en ’n proses om te leer hoe om te doen en praat soos Jesus, maar ek waag ’n paar merkers: altyd met liefde, aanvaarding en ruimte; met innerlike vrede en diepe vreugde ten spyte van omstandighede; met geduld vir mense se swakhede; met sagtheid en selfbeheersing omdat goed-heid saakmaak; met geloof in ons outo-riteit omdat ons weet dat God goed is.

Kind van God, wat jy kies om te doen en veral ook hoe jy dit doen, is nou regtig belangrik.

Selfs en veral daar in jou kokon.

Meer oor:  Christenskap  |  Koronavirus  |  Geloof  |  Skenkings  |  Oorlewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.