Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Dís wat DA-leier eintlik gesê het
Heindrich Wyngaard

Die media-uitnodiging het die indruk gewek dat dit ’n eenvoudige aankondiging sou wees oor die DA se beplande regsaksie teen die regering oor die aankoop en verspreiding van ’n Covid-19-entstof. Die meeste mediadekking het ook agterna op dié aspek gefokus.

Maar wanneer jy na partyleier John Steenhuisen se volledige aankondiging geluister het, sou jy iets anders agtergekom het. Ook indien jy gelet het op die wyse waarop die mediakonferensie opgestel is: Omring deur DA- en landsvlae by ’n podium só hoog asof hy oor ’n gehoor uitkyk, was Steenhuisen se visier stip op die afleser (teleprompter) ingestel.

In dié toespraak het hy ons teruggeneem na hoe 2020 ons geleer het “om enigiets te verwag” en voorbereid te wees “om stryde te veg wat jy nooit gedink het moontlik is nie”. Nou is dit belangrik om nie net vorentoe te kyk na moontlike bedreigings en uitdagings wat 2021 inhou nie, maar ook om versigtig en krities bestekopname te doen oor elke stap wat in 2020 gedoen is.

Die vernaamste besef waartoe ons nou moet kom, is dat Covid-19-infeksies nie die enigste of selfs die grootste bedreiging is wat ons in die gesig staar nie.

Die vernaamste besef waartoe ons nou moet kom, is dat Covid-19-infeksies nie die enigste of selfs die grootste bedreiging is wat ons in die gesig staar nie. Die res is die swaarkry, honger en dood wat deur ’n ingesinkte ekonomie geskep word, maar terselfdertyd “moet ons besef dat baie hiervan self toegedien is”.

Ware leierskap is nou noodsaaklik.

Ter illustrasie hou hy die Pareto-beginsel (of die 80/20-reël) voor, wat bepaal dat 80% van die resultate in die meeste gevalle deur 20% van die aksies opgelewer word.

“So wat is die 20% waarop ons regering veronderstel was om op te fokus eerder as om sopkombuise en skoolvoedingsprogramme toe te maak, strande te sluit en branderplankryers in hegtenis te neem?” vra die leier. Dit was die bou van gesondheidsorgkapasiteit, die uitrol van behoorlike toets- en nasporingsprogramme en die aankoop van entstof.

Maar wat skynbaar minder aandag getrek het, was die verwysing na die komende plaaslike verkiesings en hoedat die DA glo dit behoort nie uitgestel te word nie.

Maar nee, jy kon beswaarlik (buiten in die DA-beheerde Wes-Kaap) van behoorlike gesondheidsorgkapasiteit praat en die groot gapings in ons toets- en nasporingsprogramme het die virus toegelaat om amok in gemeenskappe te saai. Dit is egter die derde mislukking wat die dodelikste was, aldus Steenhuisen – dat die regering hopeloos in sy doel gefaal het om voldoende entstof te bekom.

Dit is waarom die DA die regering sewe dae gegee het om besonderhede bekend te maak oor sy entstofaankope- én verspreidingsplan. Indien nie, sal regsaksie onmiddellik volg. Hieroor het die DA omvattende mediadekking gekry.

Maar wat skynbaar minder aandag getrek het, was die verwysing na die komende plaaslike verkiesings en hoedat die DA glo dit behoort nie uitgestel te word nie. Ander lande, sê die party, het immers gedurende die pandemie daarin geslaag om suksesvol verkiesings te hou.

“Ons moet as ’n land begin om (. . .) die 20% aksies te neem wat die 80% verskil maak,” het Steenhuisen gesê. Dit kan nie van die ANC verwag word nie, want selfs al weet die party wat dié aksies behoort te wees, is hy tussen twee ideologiese pole vasgekeer.

Dit “moet gevolge dra”, sê hy. In die plaaslike verkiesings sal kiesers ’n geleentheid kry om die ANC se mislukkings en swak besluite te beoordeel – ook wat die hantering van die Covid-19-pandemie betref. En dit is hoe Steenhuisen in 20% van sy toespraak die 80%-boodskap van Maandag se mediakonferensie ontbloot het. Dit was duidelik bedoel as die nie-amptelike afskop van die party se veldtog vir die komende plaaslike verkiesings.

  • Wyngaard is ’n aanbieder van aktualiteitsprogramme op radio en televisie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.