Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies
Discovery in hierdie geval toe wel die held

Discovery in hierdie geval toe wel die held

Mediese fondse loop gereeld deur onder gefrustreerde verbruikers oor veral groeiende koste en swak diens. En as die grote met die meeste lede is Discovery ook meermale in die spervuur.

Verlede jaar is Lood op die vingers getik omdat hy vrae gevra het oor die groep se luukse nuwe kantore in Sandton en die invloed daarvan op premies. Gou-gou is ontken dat dit daaruit betaal word.

Einde verlede jaar het die hospitaalgroep MediClinic verklaar hy het in die eerste helfte van 2018 sowat 3 000 minder pa­siënte ingeneem as ’n jaar tevore. Een rede was mediese fondse se aggressiewe veldtogte om lede teen griep ingeënt te kry. Discovery het selfs vir jou Uber-rit betaal as jy vir die inspuiting gaan. So kom nou, ons kan hulle darem seker vir dié ene krediet gee, of hoe?

Selfverryking toegejuig

Dat Cyril Ramaphosa nou die grootste ondermyner van sy eie presidentskap, Jacob Zuma, so moes lof toeswaai op die ANC se nasionale kandidatekonferensie laat ’n wrang smaak. Dalk is dit al manier waarop hy die spul bymekaar kan hou. Maar om die opperstaatskaper so heuning om die mond te smeer, is onvanpas vir sy eie geloofwaardigheid. En die toejuiging wys selfverryking is geen sonde in daardie kring nie.

Persone van die week

RAAKVATTER: Siya Kolisi, Springbok-kaptein, wat reguit praat oor die selftrots om iets op meriete te behaal sonder kwotas. Diegene wat transformasie as ’n ewige passasierstrein sien, is die klakouse.

NAT VADOEK: Jonathan Jansen. Die Universiteit Stellenbosch, waar hy kantoorruimte beset, se merietebeursvereiste vir eerstejaars vanjaar is tot ’n 90%-gemiddelde opgeskuif. Dís hoekom hulle meer A’s wil kry.

Manyi-party in Afrikaans

Mzwanele (Jimmy) Manyi meen as Hlaudi Motsoeneng kan staan vir president, kan hy ook. Hy lei ’n wegbreekpartytjie uit die ANC – die African Transforma­tion Movement (ATM) – wat vroeër gevorm is deur ontevrede Jacob Zuma-ondersteuners. Hy was ook voorsitter van Afrotone Media Holdings (AMH), wat nie die Guptas se mediabelange aan die gang kon hou nie. Die doel van die ATM sal sekerlik wees om die staatskas leeg te trek, dus sommer OTM in Afrikaans.

Lood wens al sy lesers ’n voorspoedige 2019 toe. Dis verkiesingsjaar, so ons gaan heelwat bykomende krag en genade kort.

Stuur bydraes na lood@beeld.com of SMS na 45571.

Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.