Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Dit is altyd te gou vir ons om tou op te gooi
Braam Hanekom
Braam Hanekom

Die titel van I.L. (Izak) de Villiers se boek Te vroeg vir moedverloor het my jare gelede geïnspireer. Dit inspireer my vandag steeds. In die boek haal hy onder meer die leuse van die bekende Wheaton College in die VSA aan wat lui: It is always too soon to quit. Ons almal het nodig om dit te hoor.

Dit gebeur soms dat ons, in die woorde van Helmut Thielicke, voel of ons net nog ’n hopie ellende is. Dat ons nie meer logies en sinvol kan redeneer nie, maar net nog kan sug.

Om ons sien ons deesdae nie net moedelose mense nie, maar inderdaad redes wat ’n mens wil laat moed opgee.

Ons ervaar ’n vlaag van ongemotiveerde hoërskoolleerlinge, wat midde-in die Covid-19-pandemie wonder of dit nog sin het om hard te leer en ’n goeie matriek te maak.

Daar is diegene wat moed opgegee het met die regering en plaaslike regerings. Dit is letterlik asof die vlaag van onbevoegdheid en korrupsie mense verlam het.

Dalk is daar mense wat hier lees en moed opgegee het met hul huwelik, hul finansies, hul poging om uit die vangnet van verslawing te ontsnap, die kollegas by die werk, die groot samelewingskrisisse soos armoede, behuising, werkloosheid, geweld, misdaad en les bes die ekologie (klimaatsverandering).

Daar is ook diegene wat wil moed opgee met God en hul geloofsgemeenskap.

Daar is ook diegene wat wil moed opgee met God en hul geloofsgemeenskap.

Die geskiedenis wys dat uitstaande mense nie mense sonder uitdagings was nie, maar veral mense was wat kon aanhou en uithou. Gaan lees maar gerus oor Malcolm Gladwell se reël van 10 000 uur, asook die talle ander voorbeelde wat De Villiers in sy boek gee.

Die Bybel is by uitnemendheid ’n boek van bemoediging in die moeilikste omstandighede. “Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog geglo en gehoop. Terwyl ons dan so ’n skare van geloofsgetuies om ons het, laat ons nie moedeloos word en uitsak nie. Die liefde is geduldig!”

Die ou vertaling stel dit vir my mooier. Die liefde is lankmoedig. Dit kan lank moed hou (long-suffering – Engelse vertaling). Met dié een sukkel ons haastige Westerlinge.

As jy nog nie op die punt was om moed op te gee nie, is jy nie ’n ware mens nie. Gelukkig word ons ook gemotiveer deur daardie innerlike stemmetjie wat op misterieuse wyse vir jou sê: Kom ons probeer nog ’n keer.

Die wêreld is nie verander deur mense sonder moeilikheid nie. Dit is verander deur mense wat in die moeilikheid nie hul hoop en moed verloor het nie.

In Suid-Afrika is daar gelukkig nog mense wat weet wat dit beteken om lang asems te ontwikkel. Hulle word gedryf deur ’n groter perspektief as die onmiddellike voor hulle en verstaan dat die enkele volgende tree dalk die belangrikste een van hul lewe mag wees.

  • Dr. Hanekom is direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis.
Meer oor:  Braam Hanekom  |  Probeer  |  Hoop  |  Geloof  |  Moed Opgee  |  Moed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.