Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Dít is die rede waarom ons wêreld in krisis is

Dis moeilik om te glo, maar dit is nog net tien maande sedert ’n Sweedse skoolmeisie die wêreld met ’n striemende toespraak voor die rykes op die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos geskok het.

Dit is toe die naam Greta Thunberg sinoniem geraak het met die jeug se rebellie teen die klimaatkrisis en die ontkenning van die klimaatkrisis.

Ek het destyds geskryf “hierdie jaar se Davos-byeenkoms het plaasgevind ’n week nadat Oxfam bekend gemaak het dat die wêreld se 26 rykste miljardêrs net soveel rykdom as die helfte van die wêreld se bevolking besit. Dit is verbysterende statistiek, maar dit is onderliggend aan twee van die mees invloedryke boodskappe wat by Davos gelewer is.

“Die eerste was deur die 92-jarige sir David Attenborough, die tweede deur iemand 76 jaar sy junior, die 16-jarige Thunberg, ’n Sweedse skoolmeisie. Altwee het dieselfde boodskap gehad – die aarde is in groot moeilikheid en as ons nie vinnig optree nie, is ons so te sê tot ondergang gedoem.”

Thunberg het aan die vergadering van geldbase – meestal mans – gesê dat “volwassenes aanhou sê: ‘Ons skuld dit aan die jongmense om hulle hoop te gee.’ Maar ek wil nie jul hoop hê nie. Ek wil nie hê julle moet hoop hê nie. Ek wil hê julle moet benoud wees. Ek wil hê julle moet die vrees voel wat ek elke dag voel. En dan wil ek hê julle moet tot aksie oorgaan.

“Ek wil hê julle moet optree soos julle in ’n krisis sou optree. Ek wil hê julle moet optree asof ons huis aan die brand is. Want dit is.”

Sedertdien het Thunberg nie net die debat oor die klimaatkrisis aangewakker nie (sy noem Asperger-sindroom haar “superkrag”), sy het haar ook die haat en snedighede van (weer eens, meestal manlike) regse kommentators en die Amerikaanse president, Donald Trump, op die hals gehaal.

Daar is spottend na haar verwys as “geestelik versteurd”, “histeries” en ’n “millenniese weirdo”.

Daar is spottend na haar verwys as “geestelik versteurd”, “histeries” en ’n “millenniese weirdo”. ’n Rubriekskrywer van die Australiese Herald Sun, Andrew Bolt, het gesê sy is “so invloedryk dit is grillerig . . . met verskeie geestesversteurings”, terwyl Chris Kenny van Sky News gesê het sy is ’n “histeriese tiener wat sorg nodig het”.

Die konserwatiewe Suid-Afrikaanse vryemark-aktivis-rubriekskrywer Ivo Vegter het op die Daily Maverickgeskryf: “Greta Thunberg is ’n bevoorregte 16-jarige van ’n baie ryk land, wat haar voete vir die grootmense stamp.” Hy gaan voort: “Sy is ook die nuwe gesig van omgewingsbewustheid. Dit is ’n goeie strategie want as jy haar uitdaag, word jy outomaties afgemaak as ’n boelie, seksisties, en op ’n manier verkramp.” Hy kap na haar ouderdom en sê dinge soos “eendag wanneer jy oud genoeg is om ’n puntediagram te bemeester”.

Wat is dit van Thunberg wat al hierdie mans bangmaak? Miskien is dit omdat sy die ouwêreldse industriële kapitalistiese bestel uitdaag, wat mans die outoriteit oor alles gee, onder wie hul vroue, hul kinders en hul omgewing – hul mag om te myn, ontbos, vermoor, oorlog maak, tot slaaf maak, ontgin, uitbuit en vernietig – alles in die naam van wins.

Dit is die rede waarom ons wêreld, en ons omgewing, in so ’n gemors is – en ons bestaan deur die klimaatkrisis bedreig word. En waarom ons gestremde tieners soos Thunberg nodig het, en nie verouderende regse mans nie, om uit te wys hoe verkeerd ons almal is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.