Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Doen gerus Senekal aan vir lekker sosaties
Blouwillem

Daar is in my kaal kop twee goed wat ek altyd met Senekal verbind, en nie een van die twee het met geweld, rooi kepse of rassespanning te doen nie. Watergeweld miskien wel.

Senekalwers is van 1877 af al vreedsame mense (behalwe as hulle nie vreedsaam is nie). Vra maar vir Naka en Toks. Maar laat ek eerder begin by die nie-geweldadige, naamlik die geweldige lekker lamsosaties wat by slaghuise daar in die systrate verkoop word.

Jy kan nie kies tussen die twee slaghuise se sosaties nie en dus koop jy maar by albei. Bygesê, as daar voorraad is. Glo my, ek het al in die verlede myself wysgemaak dat die roete oor Senekal die kortste pad tussen Tshwanetoria en Mangaubloem is, net om my voorraad sosaties te kan aanvul.

Die ander meer dramatiese rede, anders as sosaties, wat ek voor hierdie droewe week met Senekal verbind het, was die groot vloed wat Bloemfontein en omstreke in 1988 van die buitewêreld afgesny het.

Die manne kom van oor die hele land teen die Donderdagmiddag al in die Rosestad byeen vir ons jaarlikse alumni-jaarvergadering en ons bly almal in die Cecil Hotel daar in die middestad.

In Senekal aangekom, het die water gesak en ons kan deur (gelukkig of ongelukkig), maar die modderstreep lê vensterbankhoogte teen die huise se mure.

En dit reën en dit reën en toe begin dit te sous! En dit sous en dit sous en toe ons Vrydagmiddag moet terug noorde toe, kom die boodskap dat Bloemfontein afgesny is van die buitewêreld en toe kuier ons maar en ons kuier en Saterdag eet ons laat ontbyt, kuier en kuier verder tot middagete en kuier daarna deur na aandete en toe raak die vloed vir ons baie lekker. Al 570 mm!

Gelukkig weet ons in daardie stadium nie van die Groot Vloed van 1904 waarin 60 mense omgekom het nadat die Royal-, die Central- en die Union-hotel in die middestad weggespoel het nie. Ons hotel staan stewig en óns toe sommer ook, alhoewel ek ligweg bekommerd begin raak het toe ek Saterdagmiddag laat by die “lounge” se venster uitkyk en sien dat die diere twee-twee aanstryk Loch Logan se kant toe (daar waar Lesotho se duikbootbasis vandag is).

Daai jare lees jy nie die nuus op jou selfoon nie en arriveer nuwe nuus oor die vloed toe eers die Sondagoggend via een ou se vrou wat hom ná ’n groot gespook op die hotel se telefoon in die hande kry. Die boodskap is dat ons deur Senekal kan huis toe. Ons ander wou eers dié boodskap ignoreer, maar een ou getroude waarsku toe dat die lewe in die ou Transvaal nóg gevaarliker kan wees as ons ander manne se vroutjies ook gehoor het van die Senekal-roete.

In Senekal aangekom, het die water gesak en ons kan deur (gelukkig of ongelukkig), maar die modderstreep lê vensterbankhoogte teen die huise se mure.

Mag Senekal se vloed vinnig verbygaan en die modderstreep teen die mure net so vinnig skoon reën. ’n Pragdorp wat meer as ’n eeu en ’n half staan verdien nie modder teen sy mure nie. En nog minder bloed.

Meer oor:  Blouwillem  |  Senekal  |  Sous  |  Sosaties  |  Vloed  |  Kuier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.