Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Dokters kyk weer na LSD as behandeling
Heinz Mödler

Wat het van LSD (lisergiensuur-diëtielamied) geword?

In 1938 het Albert Hofmann ’n titseltjie van sy ontdekking per ongeluk ingeneem.

’n Nuwe wêreld het vir hom oopgegaan. Hy kon nie glo wat met sy brein gebeur nie en hy het sy ervaring as ’n “extremely stimulating experience” beskryf.

Soveel dat hy weer LSD geneem het. Hierdie keer doelbewus.

Die nuus het vinnig versprei en dokters het LSD begin gebruik om psigotiese pasiënte te behandel.

Hulle het hierdie idee by die bekende neuroloog en die vader van psigo-analise, Sigmund Freud, gekry. Hy was mal oor LSD en het dit self gebruik. Ook het hy LSD aan sy familie en pasiënte uitgedeel.

Soms dink mense hulle kan vlieg en spring uit geboue uit om ’n gewisse bad landing te maak.

Die terapeutiese beginsel om psigose met LSD te behandel klink vreemd, want LSD is ’n hallusinogeen en veroorsaak psigoses. Maar Freud was oortuig van sy kliniese oordeel.

LSD is ’n potente chemiese verbinding en slegs ’n paar mikrogram is genoeg om ongelooflike hallusinasies te veroorsaak.

Die algemeenste manier om LSD in te neem is om ’n stukkie kladpapier in ’n oplossing LSD te week. Die posseël-grootte papier word dan op die tong geplaas en binne minute begin die hallusinasies verskyn.

Enigiemand wat LSD op dié manier inneem, kan maklik vir 12 uur buite aksie wees.

Visuele hallusinasies is algemeen en sluit ’n kaleidoskoop van helder, bewegende kleure in. Ook word klanke abnormaal ervaar.

’n Kraan wat drup, raak ’n simfonie van geluide.

’n Kraan wat drup, raak ’n simfonie van geluide.

Nadat hierdie dwelmmiddel in die 1960’s die dwelmmark oorheers het, het dit in onguns verval ten spyte daarvan dat dit nie fisies verslawend is nie. Jy kan LSD gebruik wanneer jy so voel en nie omdat jy fisies afhanklik daarvan raak nie.

Maar natuurlik is die effekte van LSD onvoorspelbaar.

As jy ’n chroniese gebruiker is, is daar altyd die kans dat die volgende stukkie kladpapier aan jou ’n “bad trip” gaan besorg.

En dit is iets wat jy nie wil hê nie.

’n “Bad trip” word geassosieer met paniek, aggressie en die oortuiging dat jy selfdood moet pleeg, want jy is besig om kranksinnig te raak.

Soms dink mense hulle kan vlieg en spring uit geboue uit om ’n gewisse bad landing te maak.

’n Ander probleem met LSD is die pseudo-hallusinasies wat vir jare nadat LSD gebruik is, nog ervaar kan word. Terwyl jy verby die kombuistafel stap, verander dit skielik in ’n krokodil. Jy weet dit is ’n tafel, maar die angstigheid wat die pseudo-hallusinasie vergesel, is erg traumaties.

Die hallusinogene as dwelmmiddel is vandag nie meer so gewild nie, want daar is goeie kompetisie.

Dokters gee egter aan hierdie middels ’n tweede kans. Pasiënte met middelweerstandige depressie en posttraumatiese stres, vir wie daar nie meer raad is nie, kan baat vind deur ’n kort kursus LSD, Ecstacy of magic mushrooms te neem.

Die psigotiese episodes wat volg is dalk genoeg om die brein terug na die basislyn te “reboot”.

Die brein is tog immers ’n rekenaar.

Mödler is ’n medikus, skrywer en kunstenaar.

Meer oor:  Heinz Mödler  |  Dokters  |  Medies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.