Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Donald Katts: Vryheid is iets wat nie alleen in wette lê

Vandag vier ons as burgers van die nuwe Suid-Afrika demokrasie, gelykheid en erkende menswaardigheid van almal – ons duurgekoopte vryheid.

Polities gesproke word vryheid ongelukkig net gekoppel aan ’n politieke verstaan van vryheid – ’n vryheid van onderdrukking en ongeregtigheid, ’n vryheid van bepaalde beperkings en uitsluitings. Hierdie soort verstaan van vryheid is as sodanig grootliks afhanklik van beleid en grondwetlike voorskrifte, insluitend ’n Handves van Menseregte.

Dit word ten nouste verbind met die verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid van die regering, en in besonder van die president. Hierdie soort vryheid bly kwesbaar, word maklik bedreig deur politieke en sosiaal-ekonomiese uitdagings en is geen waarborg vir vrede van enige aard nie. Die groeiende frustrasie van mense op grondvlak asook die stygende aandrang dat pres. Jacob Zuma moet bedank omdat hy nie die Grondwet eerbiedig het nie, getuig van die onvrede wat ons ervaar en van die broosheid van ’n politieke vryheidsbegrip.

Daar is ’n ander verstaan van vryheid. Die Bybel leer van Jesus se verstaan van vryheid – ’n vryheid wat byvoorbeeld eerder vir die goeie, die waarheid en mooie is. Alhoewel Jesus in ’n geokkupeerde en onderdrukte land geleef het, leer hy en stel hy ’n vryheid voor wat nie afhanklik is van politieke omstandighede en landswette nie.

Dit is dié verstaan van vryheid wat die harte van mense raak.

Sy vryheid staan nie as wette wat op klip geskryf is nie, maar op die liefde van God. Sy vryheid bou en bevorder. Sy vryheid het die mens-tot-mens-verhouding in visier. Sy vryheid soek harmonie, medemenslikheid en menswaardigheid. Dit is ’n vryheid wat geweld in alle vorme afsweer. Dit is ’n vryheid wat naastediens voorop stel, wat respek en ondersteuning vereis, wat staan vir dade van geregtigheid en regverdigheid.

Noem die vryheid godsdienstige vryheid. Noem dit idealistiese vryheid. Noem dit menslike vryheid. Noem dit morele en etiese vryheid. Wat ons ook al verkies om die vryheid te noem, dit bly ’n anderse verstaan van die politieke verstaan van vryheid. En dit is dié soort begrippe van vryheid wat Suid-Afrika dringend nodig het.

Dit is dié verstaan van vryheid wat die harte van mense raak. Dit is dié perspektief van vryheid wat die karakter van mense transformeer. Dit is dié soort verstaan van vryheid wat brûe tussen verskillende rassegroepe bou, wat uitreik, die ander probeer verstaan en wat help met die bou van vrede.

  • Die Bybel waarsku daarom juis dat ons nie ons vryheid moet gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie, maar om God te dien (1 Petrus 2:16). Dr. Donald Katts is moderator van die Volkskerk van Afrika.

Meer oor:  Donald Katts  |  Vryheid  |  Godsdiens Aktueel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.