Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
'Donker magte’: feit of fiksie? Tyd sal leer

Donker magte’: feitof fiksie? Tyd sal leer“

Donker magte” is die nuwe naam in regeringskringe vir die staatskapers wat volgens hulle met volle mag terugveg “teen die president, die land en sy inwoners”.

En skaars was die SAUK se verklaring uit dat die onlangse Cyril Ramaphosa-uitsendingsflater “doelbewuste sabotasie” was of Lood se foon het gelui met ’n oproep daar van die dik matte af: “Julle mos gesê hier is magte wat knoei. En hulle is oral – in die intelligensiediens, polisie, staatsdiens en onder julle in die media”.

Die een probleem wat Lood wel voorsien, is dat daar reeds talle “donker-mag”-ontkenners is. Hulle is al so verdiep in die donker-draaiboek dat “Cyril hopeloos is en alle beheer verloor het”, dat hulle moeilik van die teendeel oortuig kan word. Want anders beteken dit hulle was nuttige idiote van die einste magte.

 

Zondo is wawyd wakker...

Gaan dit ’n bord kerrie wees wat Vytjie Mentor se turf laat sit? Hlaudi Motsoeneng, SAUK-kaper, het by die Zondo-kommissie vertel hoe lekker hy kerrie geëet het by die Guptas. Waarop adjunkhoofregter Raymond Zondo wou weet of dit met skaap- of beesvleis was. Nee, vertel Motsoeneng, die Guptas is Hindoes en bedien nie vleis in hul kerrie nie. Waarop Zondo opgemerk het Mentor het gesê sy het vleiskerrie gekry.

Persone van die week

RAAKVATTER: Natasha Mazzone, DA-woordvoerder oor openbare ondernemings. Sy vra dat Eskom oopgestel word vir aandeelhouding deur internasionale kragmaatskappye. (Net nie die Russe nie, Natasha.)

NAT VADOEK: Julius Malema. Stadig maar seker is die skilpad van vervolging besig om die hasie van EFF-opportunisme en -selfverryking in te haal. Skielik jaag dieselfde VBS-spook hom en Jacob Zuma.

Nee, nee wag. Voordat Lood haatpos kry, dis Willie van Wyk wat nou daaraan karring. Hy probeer vooruit dink, want volgens hom dring Julius Malema daarop aan dat “Die Stem” uit die volkslied verwyder word.

Daarom verwag hy dat die soort druk ook eersdaags sal opbou dat die “boer” uit boerewors verwyder word. Hy wil voorstel dat dit dan hanswors genoem word. Lood hoor darem baie mense van boerewors praat; die term is al eg Suid-Afrikaans.

Willie se beker met koffie is op pad. Stuur gerus bydraes na lood@beeld.com of SMS na 32515. Ons het mos onlangs nog bekers en koffie bestel.

Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.