Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Doodstraf is nie ligte musiek nie
Johann Maarman

Afgryslik, walglik en onmenslik.

Dít was die byvoeglike naamwoorde wat uit ’n mens se keel gespring het ná nóg ’n moord op ’n onskuldige kind. Die barbaarse en uiters verfoeilike moord op Tazne van Wyk het ’n mens tot in die binneste gewalg. Het ons nie geleer uit die moorde op Uyinene Mrwetyana, Jesse Hess en haar oupa en Precious Ramabulana, Karabo Mokoena, Anene Booysen en Leighandre Jegels en nog vele ander nie?

Dit is eers wanneer moorde jou persoonlik raak dat ’n mens besef hoe diep die morele verval in hierdie land is. Hoe op dees aarde kan kinders 41% van verkragtings uitmaak? Sê my hoe, want ek weet nie. Dit moet mos ’n simptoom van ’n ernstige siekte in ons samelewing wees.

Ek dink ook vanoggend aan Liezel Wessels van Bonnievale wie se man, Tool, verlede jaar wreed vermoor is. Tool se lyk is tussen die wingerde op sy plaas gevind. Sy hande was agter sy rug vasgebind en ’n das was glo deur sy mond getrek. Hy is vermoedelik met ’n enkele koeël in die kop tereggestel.

Liezel is met ’n skerp voorwerp in die bors gesteek. Die aanvallers het haar ook met kookwater op haar rug gebrand. Ek het Tool geken. Hy sou nie ’n vlieg skade aandoen nie. Hy was lief vir mense – oor kleurgrense heen.

Ek dink ook aan die 55-jarige vrou in die Oos-Vrystaat wat op hul plaas in ’n bad aangeval en verkrag is.

Ek dink ook aan die 55-jarige vrou in die Oos-Vrystaat wat op hul plaas in ’n bad aangeval en verkrag is.

So ook aan Moolman Meyer wat op sy plaas Waaihoek, sowat 40 km van Ermelo, in die Sheepmoor-distrik, met ’n panga doodgekap is.

Ná die moord op klein Tazne het die krete dat die doodstraf weer ingestel moet word ’n hernude crescendo bereik. As ’n mens egter net die volume ’n bietjie afdraai en die geraas van die agtergrondmusiek ’n bietjie temper, is dit doodeenvoudig: Die doodstraf is nie ligte musiek nie. Stroop dit van die emosie en dit is ’n gewigtige saak.

Die woede en pyn verstaan ek heeltemal, maar die feit is dat ons ’n konstitusionele demokrasie is. Ons GPS moet altyd die Grondwet bly en wat ons moet navigeer met sulke ernstige vraagstukke soos die doodstraf. Die Grondwet is baie, baie duidelik oor die kwessie van die doodstraf.

Een feit is seker: Die moordenaars word beskerm. Die Grondwet sê hulle het regte, indien skuldig bevind. En daardie menseregte beteken dat daar geen galg vir hulle is nie.

Maar kom ons laat die doodstraf-argument vir eers daar. Wat tans plaasvind, is dat duisende vredeliewende mense wat tevore wel ’n vuurwapen in die kas gehad het en selde daaraan geraak het, dit nou by hulle dra soos ’n bril of ’n beursie.

Bloed en mag maak dronk . . . Die terugkeer na menswaardigheid, na berou, na ’n weergeboorte, word feitlik onmoontlik.

Die tragiese is dat mense en gemeenskappe gaandeweg en ongemerk aan ’n geweldsomgewing gewoond raak.

Een van my gunsteling-skrywers, die Russiese woordgimnas Fjodor Dostojefski, sê oor so ’n kruipende gemoedsgesteldheid: “Hierdie tirannie maak die heel beste in ’n mens dood, dit vergrof die beste mens tot die vlak van ’n dier. Bloed en mag maak dronk . . . Die terugkeer na menswaardigheid, na berou, na ’n weergeboorte, word feitlik onmoontlik.”

’n Vorige redakteur van my, wyle Izak de Villiers, het op ’n kol gepleit dat ons land ’n kruistog van vredeliewende mense nodig het, want dit lyk nie asof die politici kan lei nie, dan moet ons maar onsself lei – weg van die politiek en weg van valse beloftes.

Die oorgrote meerderheid mense van Suid-Afrika is ook nie inherent immoreel nie. Maar ’n grot gros word stilweg slagoffers deur ’n epidemiese tirannie van geweld te aanvaar waaraan boosdoeners en moordenaars hulle gaandeweg kondisioneer.

  • Maarman is eindredakteur vanDie Burger.
Meer oor:  Johann Maarman  |  Doodstraf  |  Verkragting  |  Geweld  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.