Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Drankpolisie proe seker nie by elke kroeg?
Blouwillem
Blouwillem

Dik Daan wys hierdie week vir my die drinkersstorie dat die arme Gautengse drankraad net 27 inspekteurs het wat moet seker maak dat 36 000 restaurante, kroeë, nagklubs en anderlike kuierplekke (seker nie sjebiens nie?) die provinsie se strenge drankwette nakom.

Gelukkig hoef hulle seker darem nie by elke inspeksiepunt ’n ou ietsie te vat nie, of hoe?

“Hulle hoef darem nie soos met oom Jannie Kruger se destydse pubikasieraad vir ure elke dag met swysbrille en oogklappe aan deur al daai honderde bloufilms te gewerk het om ons ou volkie op die noue weg te hou nie,” sê hy.

“Dink jy daar’s nog ouens wat daai ou joppie vandag doen en sou ’n ou kon aansoek doen op my ouderdom as jou oë nog goed genoeg is?”

Ek weet nie, ou Daan, maar iemand moet darem seker nog ’n lid van die breë publiek, soos jy, van onheil bewaar.

Die drankpolisiestorie laat my terstond vroeë 1980’s toe terugdink, toe hulle jolliepatrollies en klopjagte gehou het oor sulke onsinnighede soos buitemuurs drink.

Die drankpolisiestorie laat my terstond vroeë 1980’s toe terugdink, toe hulle jolliepatrollies en klopjagte gehou het oor sulke onsinnighede soos buitemuurs drink.

Met ons stad se weer is daar mos nie ’n ander plek om te drink nie, maar nee, veral jong bloedjies moet beskerm word teen die aaklige gesig van ’n oom met ’n glas in die hand.

Daai jare was daar in Arcadiastraat so ’n lekker steakhuis genaamd San Francisco, met ’n pragtige standbeeld van ’n beneukte bul voor (laasgenoemde én die eetplek is intussen oorlede).

Die plek was baie gewild en jy was dan op ’n waglys waar jy voor in die tuin by tafels kon wag, maar daar mag jy nie hardehout bestel het nie.

So sit ons een aand droëbek buite met nat goedjies wat droog proe.

Maar skielik groet Painter en kie hier by my skouer deur die restaurant se groot, oop skuifvensters. Probleem opgelos! Of so dog ons, want Paints-hulle kan mos solank vir ons ’n ou ietsie na hulle tafel toe bestel, dan druk ons net ons koppe in die wettig gelisensieerde eetplek in, vat ’n lang teug en sit weer behaaglik terug in die smal weg.

As die sluk met mond en brein binne is, maar die kwaad val buite waar hy wil, watter deel van jou lyf word toegesluit?

Al probleem is, benewens Paints sit daar toe nog vier regsgeleerdes, Quintus, Salie, Nante en Piet (manne van die kleed). ’n Potensiële toetssaak vir die hoogste howe wink. As die sluk met mond en brein binne is, maar die kwaad val buite waar hy wil, watter deel van jou lyf word toegesluit?

Tot vandag toe nog nie uitsluitsel nie, so dalk enetjie vir die hedendaagse konstitusionele hof om aan te teug?

En nog by deugde, teugde en die breë weg.

Ek hoor een van daai manne wat tienuur soggens al vir drankinspekteurs, die tifoon en die Uruguay-wedstryd sit en wag, vir ’n medebroer vertel: “Ek lê daar Sondagoggend negeuur met ’n helse babalaas en kopseer toe my simpel buurman begin gras sny. Toe sê ek vir myself, ek lê net hier, dié donner moet maar vanoggend óm my sny.”

Meer oor:  Blouwillem  |  Kroeg  |  Drank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.