Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Drome wat grond raak

Om drome te droom, is een ding. Om drome te laat grond raak, is iets anders. Vra vir Josef. Een van sy drome het hom amper sy lewe gekos. Josef se broers het hom as ’n slaaf verkoop toe hulle hoor hoe hulle in sy droom voor hom buig.

Maar min mense besef dit was eintlik Josef se ander gawe, om drome uit te lê, wat later sy eie lewe gered het, asook dié van ’n ganse volk. Toe hy die farao se droom verklaar, was dit die roete wat God gebruik het om Egipte van ondergang te red.

Om net te droom, help nooit genoeg nie. Dit is eers wanneer jy die drome wat God in jou hart geplaas het, begin uitleef dat dinge gebeur. Dit is ook wanneer jy ander mense help om dieselfde te doen dat Sy wil geskied. Die regte drome moet lyf kry, dan kan die Here iets daarmee doen. Anders verander sulke drome later net in nagmerries. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.