Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Een of ander tyd sal die ongeluk jou ry

Jy moet jou nie verlustig in ander se ongeluk nie. Want dit sal jou ook die een of ander tyd ry, skryf MC Botha.

Bloupens na bo. Ry sal die ongeluk jou ry: ’n toneeltjie naby die Malawi-Mosambiek-grens verlede jaar. Foto: MC Botha

’n Mens kan jou maar net vergaap aan dit wat ander mense aanvang, asof jy glad nie deel is van dieselfde klas primate nie.

Neem nou maar iets bekends, trouens só bekend dat dit ondenkbaar is dat almal van ons dit nie daagliks gebruik nie.

Die beskeie toilet.

Maar – en dis hier waar die “vergaap” inkom – moenie dink almal van ons gebruik in die normale gang van ablusiesake slegs toiletpapier nie. Volgens die jongste nuusbrief van die Overstrand-munisipaliteit, Overstrand Bulletin, kom verstoppings in die rioolafvoerstelsel gereeld voor weens klippe wat uit verstopte rioolpype verwyder moet word.

In Afrikaans bestaan die uitdrukking “klippe kou” as jy vreeslik sukkel om iets gedoen te kry, maar ek het nooit gedink ’n mens kan so sukkel dat jy dié klippe nodig het om meer sindelik uit die badkamer gestap te kom nie. En boonop die teenwoordigheid van gees het om die klippe by die toilet af te spoel.

Dan het stukke draad ook al die stelsel verstop.

Ewe misterieus.

Ander artikels wat mense al gebruik het en sodoende verstoppings veroorsaak het, is verstaanbaar, want dit is sagter op die vel en in erge nood gryp die toiletsitter seker na enigiets, soos ghries of plastiek, hoewel jy net kan spekuleer oor diegene wat ghries binne bereik van die spoelbak aanhou.

Wie op dees aarde sal daaraan dink om ’n papsak te gebruik? Lees sulke mense nooit koerante nie? Ek bedoel, het hulle nie ’n goeie gebruik vir die koerant nadat dit klaar gelees is nie, behalwe om die vleisbraaivuur daarmee te begin?

Jare gelede is die hoof van die rioolstelsel by die Hermanus-munisipaliteit byna tot raserny gedryf, want hy kon dit net nie meer verduur om dag ná dag, jaar in en jaar uit met belastingbetalers se vreeslikste gemors opgeskeep te sit nie.

Hy het my vertel dat selfs riooltenkwa’s – in die omgangstaal bekend as “honey suckers” – soms swaarkry om oorvol septiese tenks uitgesuig te kry, want die dik pype wat vir die suigwerk aangewend word, kan self verstop raak.

En dan is die arme rioolwerkers regtig in die jy weet wat.

In stomme verbasing vind hulle toe eendag so uit dat hul pyp verstop word deur die leë sak van ’n vyfliter-bokswyn.

Wie op dees aarde sal daaraan dink om ’n papsak te gebruik? Lees sulke mense nooit koerante nie? Ek bedoel, het hulle nie ’n goeie gebruik vir die koerant nadat dit klaar gelees is nie, behalwe om die vleisbraaivuur daarmee te begin?

Aan die ander kant, en hier kom ’n mooi Afrikaanse spreuk weer ter sprake: Die nood leer druk.

Van koerante gepraat: ’n Ander soort verstopping het nou die dag die binneblaaie gehaal. Vir die soveelste keer het ’n vragmotor vasgery in ’n berugte treinbrug by Muizenberg wat te laag was vir die vragmotor om onderdeur te kon kom. Dit ten spyte van ’n magdom waarskuwingstekens en –ligte wat vragmotorbestuurders vermaan dat die brug net só hoog is.

Weer vergaap jy jou aan die menseras: Jý sal nooit in jou dag des lewens so onnosel wees om iets dergeliks oor te kom nie.

En so kan ’n mens aangaan, totdat jy self eendag ’n glas laat val en dink dit was maar net per ongeluk.

* MC Botha is ’n skrywer wat in Hermanus woon. Die menings van skrywers is hul eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie. Dié rubriek het oorspronklik in die Hermanus Times verskyn.

Meer oor:  Mc Botha  |  Overberg  |  Koerante  |  Toilet  |  Riool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.