Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
EFF-off, EFF, sê swart leerlinge oor Afrikaans
Charles Smith

EFF-off, EFF!

Ek gaan vir my ’n T-hemp maak met dié slagspreuk groot op die bors. En ek gaan dit met trots dra.

Dit is die boodskap dié week deur swart leerlinge aan tradisioneel Afrikaanse skole in Gauteng aan die EFF oor Afrikaans.

Hul boodskap is kort en kragtig: Afrikaans is óns taal.

“Ek wil hê die taal moet oorleef en ek wil mense aanmoedig om dit te praat. My moedertaal is Sotho en ek praat ook Engels. Maar Afrikaans is my tweede taal,” sê Mpho Madiba (16), gr. 11-leerling in ’n berig in The Citizen, ’n Engelse dagblad.

Swart leerlinge van verskeie skole aan die Oos-Rand het opgestaan vir Afrikaans in die nadraai van die politiek georkestreerde aanvalle op die Hoërskool Overvaal nadat die hooggeregshof beslis het die skool hoef nie die 55 Engelse leerlinge toe te laat nie. Dit was ’n gatslag vir Panyaza Lesufi, die LUR, en ander wat soos hy dink dat Afrikaans moet verdwyn.

En die EFF wat orals wil brand stig en verwoes as hy nie sy sin kry nie. Noudat Jacob Zuma ’n floumakou is, moet Julius Malema se bende die TV-kameras se aandag elders trek. Nou het swart leerlinge gesê: EFF-off. Hou jul hande van Afrikaans.

Ek dink nie ons begryp watter verskuiwing vind plaas nie. Swart leerlinge kom op vir Afrikaans terwyl pienk “leftie”-Afrikaners steeds die Soweto-opstand van 1976 gebruik om Afrikaans te boor en hul kinders in Engelse skole te sit.

Hoe vinniger Afrikaanse kinders Suid-Sotho (of Xhosa en Zoeloe) leer, hoe vinniger gaan ons aanpas en in vrede kan saamleef.

Nóg ’n skuif het gebeur. Suid-Sotho is vanjaar ingestel in graad 1 in Afrikaanse skole in die Vrystaat. Hopelik ook in Engelse skole. Die Vrystaatse onderwysdepartement verdien hier ’n stewige klop op die skouer. Hoe vinniger Afrikaanse kinders Suid-Sotho (of Xhosa en Zoeloe) leer, hoe vinniger gaan ons aanpas en in vrede kan saamleef.

Afrikaanse skole in die Vrystaat sal egter baie vinniger moet aanpas om die interne weerstand teen die Lesufi/ANC/EFF/Jonathan Jansen-aanslag op te bou. Werf meer bruin en swart leerlinge en stel baie meer swart en bruin onderwysers aan.

Die mite dat die Grondwet Afrikaans gaan beskerm, het ’n nekslag in die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Universiteit van die Vrystaat (UV) se taalbeleid gekry.

Die aanslag teen Afrikaans word egter gestuit uit ’n onverwagse oorde – swart Suid-Afrikaners. Jansen en die “lefties” sluk swaar hieraan.

Ek het die laaste week as Suid-Afrikaner, joernalis en boer met verskeie swart boere en sakelui te doen gekry. Ek is elke keer van die begin in die mooiste Afrikaans aangespreek.

Dit is hoe jy mense behandel, aanspreek en help wat ook Afrikaans se toekoms gaan bepaal.

Intussen: EFF-off, EFF!

Meer oor:  Charles Smith  |  Eff  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.