Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
EFF: Wat is die media se rol?

Daar is ’n ou probleem in die Suid-Afrikaanse joernalistiek wat, noudat die media se rol onder ’n vergrootglas is, weer duidelik blyk: Ons dink nie diep genoeg na oor watter rol ons regtig in die gemeenskap speel of behoort te speel nie.

Ons dink te vlak oor media-etiek. Ons is nie baie eerlik oor konsepte soos objektiwiteit, neutraliteit, regverdigheid en balans nie. Ons dink nie filosofies na oor ons impak op die openbare mening of oor ons rol as ’n instrument van demokrasie in ’n getraumatiseerde, verdeelde en diverse land nie.

Max du Preez

Ons bekommer ons eintlik maar net oor scoops, of ons lesers/luisteraars/kykers hou van wat ons doen, en oor hoeveel geld ons mediahuise maak.

Dié gebrek aan introspeksie en dieper nadenke pla my al lankal, maar dit het die afgelope week weer aan my gekrap.

Ek het in my vorige rubriek sterk kritiek op die media se hantering van die EFF uitgespreek. Ons (verskoon maar die veralgemening) het ’n 6%-partytjie gehelp om die politieke diskoers te oorheers net omdat hulle die hardste skreeu, die meeste met geweld dreig en intimideer.

Ons het vyande van die demokrasie en vrye spraak beloon deur hul teater-politiek hoofnuus te maak.

Die een ná die ander joernalis het my bygekom en hoogheilig en gemaak verontwaardig verklaar dat ek sensuur voorstel.

Nie een van die vele debatte rondom my rubriek het enigsins verder gekom nie as my advies dat ons voortaan tien keer moet dink voordat ons weer ’n EFF-mediakonferensie of -vergadering regstreeks op televisie of radio uitsaai.

(Asof enigiemand ’n natuurlike reg op regstreekse uitsendings het.)

Joernaliste vel elke dag honderde waarde-oordele oor wie en wat as nuus gedek moet word en hoeveel prominensie dit moet geniet – ’n mens kan tog nie elke dag almal wat iets sê of doen as nuus dek nie.

Elke koerant of radiostasie fokus op ’n soort teikengroep en dit sal die styl en aanslag beïnvloed. Maar dit mag nie die media se kernroeping ondermyn om ’n volledige, gebalanseerde prentjie van die wêreld om ons te skets nie.

Die meeste media in die wêreld gee in beginsel nie uitermate wye dekking aan mense en groepe wat die egtheid van klimaatsverandering, MIV/vigs of die Joodse volksmoord ontken nie.

Wanneer ons oor Vicky Momberg se rassistiese tirade berig, verdoof ons die k-woord wat sy dosyne keer gebruik.

Is dit sensuur, of is dit verantwoordelike joernalistiek?

Elke joernalis behoort ’n aktivis vir vrye spraak, menswaardigheid en demokrasie te wees. Ons kan wel debatteer hoe dié begrippe geïnterpreteer moet word, maar daar kan geen kompromis oor die beginsel wees nie.

Ek is dus ’n voorstander van ’n meer gespierde, pro-aktiewe rol vir die media om ons oop gemeenskap oop en behoorlik ingelig te hou. Ons is nie papegaaie of stenograwe nie, ons is die publiek se oë, ore en neuse op die grond.

Ons moet ook agtergrond gee, konteks­tualiseer, verduidelik en feite nagaan. Ons moet altyd skepties wees en vrae vra. Ons moet magsmisbruik uitwys en ons oor diegene sonder mag ontferm.

Niemand kan werklik objektief wees nie. Elke joernalis is die produk van sy/haar sosialisering; elkeen van ons kyk na die wêreld deur ons eie bril. Maar ons moet te alle tye eerlik, regverdig en gebalanseerd wees teenoor almal, selfs dié met wie ons glad nie saamstem nie.

Ons moet duidelik maak wanneer ons verslag doen oor iets, wanneer ons ontleed en wanneer ons kommentaar lewer.

Elke koerant of radiostasie fokus op ’n soort teikengroep en dit sal die styl en aanslag beïnvloed. Maar dit mag nie die media se kernroeping ondermyn om ’n volledige, gebalanseerde prentjie van die wêreld om ons te skets nie.

(Hoeveel Afrikaanse mense weet van Abahlali baseMjondolo, ’n groot en aktiewe beweging van mense wat in plakkerskampe woon? En hoeveel swart mense weet van Helpende Hand?

  • Du Preez is ’n onafhanklike politieke ontleder.
Meer oor:  Joernalistiek  |  Vergrootglas  |  Media Se Rol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.