Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ek begin rook sommer weer – uit frustrasie
Johan van Wyk

Soos min of meer alles wat hy in die afgelope 25 jaar aan geraak het, het die regering toe ook daarin geslaag om met ’n bontpratery uit verskillende monde ’n gemors te maak van die verbod op die verkoop van sigarette en tabakprodukte tydens die inperking.

Dit behoort niemand te verbaas nie. Ons weet mos dat – uit opposisiegeledere – al gesê is die regering “can’t run a bath, let alone a country.”

Wat staan landsburgers dus te doen om ons argwaan en misnoeë vir sulke dreigende, magsbehepte voorskriftelikheid en staatsinmenging ten opsigte van mense se private voorkeure en gebruike te toon?

Wel, ek het dit nie voorsien nie, maar uit pure frustrasie oor die regering se onbeholpenheid begin ek sommer weer begin rook om ou Ta’ Mini-Zuma te wys ek kán en sál as ek wil.

Verkieslik Cavalla, as dit nog beskikbaar was, om die regering te laat verstaan dat ek my nie sal laat voorskryf nie. Cavalla se uitdagende advertensie-slagspreuk was mos: “Ek rook Cavalla, want ek rook wat ek wil!” Die manne met ruie borshare en olie en ghries onder hulle vinger­naels wat nie gepuff het nie, maar diep ge-draw het, het veral baie van dié sigarette gehou. Toe min of meer almal nog gerook het, was Cavalla een van die gewildste sigarette onder veral die werkersklasse. Wanneer die pennies en tiekies begin min raak het voor die einde van die maand, was daar, teen ’n sjieling (10c) steeds ’n pakkie van tien in die bosak van ’n blou oorpak.

Toe karre nog met ’n tang en ’n stuk bloudraad reggemaak kon word, was ’n mekenniek in ’n blou oorpak onder ’n kar met ’n smeulende Cavalla tussen sy lippe ’n gerusstellende toneel.

En ná betaaldag ’n pak van 50 wat kafgedraf is soos jy ’n groenmielie eet.

Toe karre nog met ’n tang en ’n stuk bloudraad reggemaak kon word, was ’n mekenniek in ’n blou oorpak onder ’n kar met ’n smeulende Cavalla tussen sy lippe ’n gerusstellende toneel.

Cavalla was nie al sigaret op die mark nie. Onder destyds se brands, waarvan meeste sedertdien verdwyn het, het Flag, Max (met die aanspraak “Men of the world smoke Max”), Gold Leaf, Camel, Gold Dollar, Commando Oval, Yanx, Texan, Paul Revere, Mills (in ’n blikkie) voor in die koor gesing.

Later het die Ruperts se Peter Stuyvesant, Rembrandt van Rhyn, Rothmans, Pall Mall en Benson & Hedges, Viceroy, Ransom en Westminster 85 saam voor gesing.

Almal was lekker en hoe lekker het ons nie gerook nie! Amper soos van Farmer Brown se hoenders gesê is: “Hulle smaak so lekker, want hulle eet so lekker!” Wie sal stry dat rook nie lekker was nie? Ek sal lieg as ek dit ontken.

Maar nou ja, soos die Engelse sê, “you can’t have your cake and eat it”. Ek weet nie van mense wat daarvan hou om ’n suurstoftenk met hulle saam te sleep nie. Tensy die regering met sy absurde beperkings my uit desperaatheid daartoe dwing, sal ek nie weer begin rook nie.

Maar ek sal steeds my sigarethouer van swart volstruisleer beruik. Die kruik bewaar mos lank die geur waarmee dit deurtrek was toe dit nog nuut was.

Meer oor:  Johan Van Wyk  |  Drankverbod  |  Frustrasie  |  Covid  |  Rookverbod  |  Korona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.