Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ek bid vir ons mense, ons plaasfamilie

Dinsdag 26 Junie 2018, 18:58. Zeekoegat, Rouxville.

Met die nuus van nóg ’n dubbele plaas-moord sowat 100 km van ons by Vanstadensrus moet ’n mens weer kyk na grond en wat dit behels.

Charles Smith

Choppie Bruwer (78) en sy vrou, Marian (68), is albei deur die moordenaars in die kop geskiet. Choppie en Marian is net ’n jaar gelede getroud.

Ons is min op die plaas en is afhanklik van die mense wat elke dag na die plase omsien.

Ek het gaan inloer by Thabbie Mohlolo op Mispa, waar sy en Molefe woon.

Sy kyk alleen na Mispa se huis waar Pa Hen-drik en Ma Grietje 52 jaar gewoon en gewerk en ons kinders grootgeword het.

Thabbie is elke dag alleen op die plaas met Molefe wat 5 km verder op Zeekoegat werk.

Sy het by haar stofie gesit om warm te word in die Suid-Vrystaatse winter.

Thabang, hul seun wat vir die vakansie by die huis is, het na die Wêreldbeker-wedstryd tussen Frankryk en Denemarke gekyk.

Hy het Frankryk ondersteun.

Tussendeur het hy op die ander TV die nuus dopgehou.

Terug op Zeekoegat het ek wildswors ge-braai­ vir my en die seuns, wat ’n woelige dag se bouwerk en sokker met Xolani, Mapaseka en Pompo agter die rug het.

Ek dink aan Thabbie wat Saterdag haar pa begrawe. ’n Maand gelede het sy haar suster begrawe.

Toe bel Spir Venter van Wepener oor die nuus van die moorde.

Ons eerste verdedigingslyn is om goed te wees vir ons mense, wat ons familie geword het op die plaas. En almal om ons.

Ek dink aan die kombers op die wasgoeddraad voor Dingaan en Mosalanja se huis. En die twee waslappe.

En die sewe kleinkinders wat hier kuier. Wat is hul toekoms?

Mosalanja het die mieliepap gemaak wat ons saam met die elandswors geniet. En Dingaan, Molefe en Babs het die bok afgeslag.

Dingaan en Mosalanja het hul dogter in ’n moord/selfdood op ’n buurplaas verloor.

Grondonteiening is ’n kernbom wat die plat-teland gaan vernietig.

Van die mense wat grond kry, gaan nie boer nie. Nuwe, revolusionêre grondeienaars gaan nie salarisse betaal nie.

Plaaswerkers gaan hul werk verloor en sonder heenkome wees.

Dis ons mense, ons familie.

Thabbie gee elke dag die vaderlandswilg vir Ma Grietje in haar mooi tuin op Mispa water.

Sy het so mooi vir Ma Grietje gebid op haar roudiens.

Vanaand gaan dit koud wees, het ek geweet.

Ek kan die lammers hoor blêr in die kamp agter die huis waar hulle veilig moet wees teen die rooijakkals wat al twee gevang het.

Ons almal moet warm wees.

Dit is my gebed nou.

Warm en orraait.

Meer oor:  Charles Smith  |  Rubriek  |  Plaasmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.