Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ek kan nie wag vir my eerste daggazol nie

Omdat ek gekant is teen werk, is tuinmaak nou nie juis my spesialiteit nie. Die lieflike lentereëns van die afgelope tyd het my egter geïnspireer om tot die verbouing van dagga toe te tree, noudat dit wettig is.

Waar ek vroeër pampoene, boontjies en patats vir huisgebruik in my agterplaas verbou het, staan my daggaplantjies nou soos hare op ’n hond, blou in die blom.

Ek verwag ’n rekordoes. As wetsgehoorsame landsburger is dit natuurlik net vir persoonlike gebruik, in die privaatheid van my huis.

In watter vorm, is ek nog nie seker nie. Ek oorweeg pille of ’n fyn poeier wat ook gesnuif en in die bak van daggakoekies gebruik kan word. My vrou, ’n uithalerbakster, is baie opgewonde hieroor.

Sy wou vanoggend al van my plantjies se blaartjies in plaatkoekies gebruik, maar hulle is nog ’n bietjie klein. Sy beplan om dit voorkant toe saam met gouestroop en room, amper soos ’n wafel, te bedien, en dink selfs daaraan om met die resep aan die nuwe Koekedoor-reeks op televisie deel te neem. Wys jou die moontlikhede van dagga.

Ek oefen solank met een van my ou pype gestop met rooibosteeblare.

Ek oorweeg ook die ontwikkeling van ’n energiedrankie van dagga om my gewone daaglikse sopie witblits, onwettig gestook van turksvye in ’n paraffienblik in my garage, te vervang. Natuurlik, soos gesê, vir persoonlike gebruik in die privaatheid van my huis.

Ek wil nie die landswette oortree en met die polisie se bedwelmde tak bots nie. Ek het ’n skoon rekord, danksy die feit dat ek nog nooit dagga gerook het nie. Ek gaan egter begin sodra my eerste oes af is. Ek sien geweldig uit na my eerste zol.

Om my daarop voor te berei (aangesien ek lankal opgehou het om tabak te rook), oefen ek met een van my ou pype gestop met rooibosteeblare. Ek het ook weer my ou twaksak uitgehaal en my ou aansteker ’n nuwe pit gegee en met bensien volgemaak. Al wat nou kortkom, is die dagga uit my tuin.

Om dinge te bespoedig, het ek ekstra kompos en hoendermis in my daggabeddings gestrooi om die plantjies woema te gee. Stikstof, dís wat dagga soek vir ekstra groeikrag, blaargroei en geur en smaak. Nie dat ek weet hoe dagga proe nie. Maar as dit jou so jollie maak soos mense beweer, moet dit mos ook lekker smaak.

Ek gaan nietemin ’n goeie voorbeeld vir my kleinseuns stel. Byvoorbeeld: “Boetman, gaan haal bietjie oupa sy daggapyp daar voor in die bakkie se smelterboks en kom sit hier by oupa.

“Dan kan jy die walms inasem sodat jy daaraan gewoond is wanneer jy jou eie daggapyp in speeltyd skelm by die skool begin rook.”

Terloops: “Smelterboks”, na aanleiding van Tex de Swardt se vroeëre navraag en lesers se verskillende verklarings, is na my kennis afgelei daarvan dat die ou karre se smeltdrade in ’n boksie in die paneelkissie versteek was. Vandaar “smelterboks”.

Meer oor:  Johan Van Wyk  |  Dagga  |  Menings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.