Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ek staan altyd weer op

Die woorde van D.L. Moody resoneer diep met my: “I am only one, but I am one. I cannot do everything, but I can do something. And that which I can do, by the grace of God I will do.”

My “superkragte” is nie om deur die lug te vlieg nie. Of om vinniger as lig te hardloop nie. Ek kan nie kits-wonderwerke verrig nie. Of gebede bid wat die aarde laat bewe en mense laat neerslaan nie.

Eintlik wil ek maar net met integriteit dit doen wat ekself vir die Here moet doen. Dit is om my geloof in Christus konsekwent uit te leef en om ander met my paar talente te dien.

Kry ek dit reg? Wel, so sukkelend en stamelend!

Ek struikel dikwels oor my woorde. Ek slaan neer oor my onbeholpenheid. Partykeer laat ek die Here en ander in die steek. Maar deur Sy genade staan ek weer op.

Want ek kan elke dag iets spesiaals vir die Here doen.

En ek sal!

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.