Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Elke dag, elke uur, is deel van die lewensreis
Aniki
Aniki Joseph

Dit is ’n middag in Augustus, die jaar toe die kleuter op sy rooi skopfietsie swenk tot reg voor sy ma, waar sy steggies in die blombeddings druk.

“Mamma, ek gaan eendag ’n dokter word wat siek mense gesond maak.”

Die laatmiddagson ’n gloed goue belofte oor die naderende nuwe seisoen van die lewe. Die akkers ryk, vrugbare grond voorbereid vir saad en groei.

Die ma glimlag. Vee dan die fyn sweetdruppels op die kleuter se voorkop en neus af. Vryf sy kuif deurmekaar en kyk reguit in sy ernstige bruin oë. Sy sien die lig en die vlam van ’n vuur wat nie geblus kan word nie.

“Ek glo jou.”

“Your children are not your children. / They are the sons and daughters of Life’s longing for itself. / They come through you but not from you, / And though they are with you yet they belong not to you.” – Kahlil Gibran, The Road Less Travelled

Die lewe gebeur. Nuwe mylpale, geleenthede en verhuisings.

Nuwe skole. Nuwe uitdagings. Nuwe vriende. Met verloop van jare verander baie dinge.

Net sy droom . . . die droom bly.

“You may house their bodies but not their souls, / For their souls dwell in the house of tomorrow, which you / cannot visit, not even in your dreams.”

Dit is ’n middag in Augustus, die jaar toe die matrikulant ná afloop van ’n hokkiewedstryd sy selfoon aanskakel nadat hy sy sportsak in die kattebak gesit het.

“Mams, kyk hier! Ek gáán eendag ’n dokter word wat siek mense gesond maak!”

Die eerste bome begin bot, die lug ruik na stof, saad en bloeisels. Die eerste sigbare tekens van ingrypende veranderinge wat kom.

Sy sien die vuur, die vreugde en die vasberadenheid in sy oë en sy weet dat dié pad syne is.

Die ma lag en huil gelyktydig terwyl sy na die universiteit se e-pos kyk waarin haar seun se toekomsdroom uitgestippel word.

Sy sien die vuur, die vreugde en die vasberadenheid in sy oë en sy weet dat dié pad syne is.

“You may strive to be like them, but seek not to make them like you. / For life goes not backward nor tarries with yesterday. / You are the bows from which your children as living arrows are sent forth.”

Dit is ’n Augustus-middag in die jaar van Covid-19, toe die vierdejaarstudent uiteindelik die nuus ontvang dat die praktiese deel van sy studie binnekort hervat mag word ná afloop van maande se aanlyn studie.

“Moeder, ek wíl gaan help om siek mense gesond te maak.”

Die moederhart is broos. Kaapstad is ver. Sy bid woordeloos.

“The archer sees the mark upon the path of the infinite, and / He bends you with His might that His arrows may go swift and far. / Let your bending in the archer’s hand be for gladness; / For even as He loves the arrow that flies, so He loves also the bow that is stable.”

  • Joseph is ’n skrywer en reisiger van Pretoria.
Meer oor:  Lewe  |  Studies  |  Herinneringe  |  Dokter  |  Drome
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.