Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Elke Tommie respekteer nou vir Siya; en óns?

Die finale veldslag in die Derde Anglo-Boereoorlog Saterdag in Kaapstad het skielik ’n wêreldoorlog geword.

Charles Smith

Die derde en finale toets tussen die Springbokke en Britse en Ierse Leeus om die wenner van die reeks te bepaal, het ná al die drama ’n veel groter belang gekry.

Marco Masotti, die miljardêr-sakeman en eienaar van die Haaie wat Siya Kolisi, die Springbok-kaptein, van die WP weggerokkel het, het Woensdag aangekondig dat hy ’n span prokureurs in New York gereed het om Rassie Erasmus en SA Rugby in hul verhoor teen Wêreldrugby te verdedig.

As hy net ’n grap gemaak het, het dit beslis bygedra om nog petrol op die vuur te gooi vir die laaste toets. Asof die drama op die veld nie genoeg is nie. As daar toeskouers by die toets op die Kaapstad-stadion kon wees en aanvraag die pryse sou bepaal, sou kaartjies meer as R1 000 stuk beloop het. Selfs veel meer.

Masotti neem dieselfde houding in wat Rassie, SA Rugby se direkteur van rugby, met sy video van 62 minute ná die eerste toets ingeneem het: Ons gaan ons nie meer laat boelie nie. Ons mag vrae oor vreemde beslissings vra wat die toets beïnvloed het. Warren Gatland, die Leeus se afrigter, het die uitslag van die eerste toets beïnvloed met die druk wat hy op die TV-skeidsregter Marius Jonker geplaas het. Ons durf dit nie net op die ken vat en aangaan nie.

Gatland se houding van die oomblik dat hy hier geland het, is soos ’n Engelse boel wat moet toekyk hoe ’n boerboel sy teef dek. Altyd aan die brom. Wen tot elke prys en dan f***f ons uit hierdie gatland.

Natuurlik het Rassie se video die tweede toets beïnvloed (let wel: nie noodwendig die uitslag nie). Hy gaan seker ’n skorsing op die lyf loop en ’n reuse-boete kry. Soos met genl. Christiaan de Wet se boete van 2 000 pond vir sy aandeel in die Rebellie gaan Suid-Afrikaners die geld waarskynlik insamel en betaal.

John Robbie se kommentaar op Rassie dat ons Suid-Afrikaners aan ’n goeie skoot vervolgingswaan ly, is waarskynlik waar. Dit sal altyd so wees totdat die Britte hul meerderwaardigheid laat vaar. Gatland se houding van die oomblik dat hy hier geland het, is soos ’n Engelse boel wat moet toekyk hoe ’n boerboel sy teef dek. Altyd aan die brom. Wen tot elke prys en dan f***f ons uit hierdie gatland.

Rassie het reggekry om al die teenstanders se aandag op hom te vestig en die bal met ’n perfekte aangee in kontak vir Kolisi en sy span te gee. Die Springbokke het met die ekstra inspirasie gekook. Ongelukkig oorskadu dit ’n bietjie van wat die Wêreldbeker-wenners op die veld bereik het.

Ek steun die #ImWithRassie-veldtog, maar ek wil sien dat ons ’n #ImWithSiya-veldtog steun.

Ons kaptein was Saterdag ’n rots. Elke Tommie en rêf sal hom van nou af respekteer, maar respekteer óns hom? Dink ’n oomblik daaroor.

Siya se toespraak was vir my ’n inspirasie. “Ek is dankbaar oor die manier hoe ons opgestaan en ons laat geld het,” het hy gesê.

Vergeet die kantlyn-drama. Dis tyd dat ons ons laat geld agter Siya. Soos die Bokke sê: Saam is ons sterker.

* Smith is Netwerk24 se nuushoof in Bloemfontein.

Meer oor:  Charles Smith  |  Sport  |  Leeus  |  Oorlog  |  Rugby  |  Bokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.