Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Goeiemôre
Elsa Joubert se ‘Spertyd’ is ook sterk pragmaties

In die afsonderingstyd het ek weer ou boeke (en fotoalbums) nader getrek. Spoorsny na die verlede is soms onthutsend; soms openbarend. Soos Elsa Joubert se reisverhale.

Gou het ek besef: Daar is inderdaad ’n wêreld se verskil tussen die waagmoedige Afrika- en Europa-reisiger Elsa Joubert, en die “klein vroutjie met die klein stemmetjie” van die later jare, keurig met gekartelde hare en pienk bloes op die omslag van Spertyd. Nie net vanweë die lang jare tussenin nie. Dis asof die openbare figuur en die skrywer – soos by baie skrywers – soms moeilik te rym is. Die beminlike “Mrs. Steytler” in Berghof, die aftreeoord waar sy tot haar onlangse dood gewoon het, en die dikwels strydvaardige, “feministiese” Elsa Joubert in van haar boeke. Die twee ruimtes wat sy daar besit het, en haar woonplek en die ander haar studeerkamer waar sy bly werk het tot ’n hoogs gevorderde leeftyd, illustreer iets van hierdie digotomie op treffende wyse.

Spertyd word gewoonlik gelees as ’n “diep Christelike besin-ning”; ’n meevoeren-de verslag van “die aftakeling van die ouderdom en die einde van ’n lewe” [. . .] “die verganklik-heid van als; en die troos dat daar tog dinge is wat stand-vastig is”. ’n Boek waarin sy “haar be-sig hou met vernu-wende vrae, en die nog onverkende bestaansvlakke”.

Dié interpretasies vat sekere belangrike aspekte van hierdie boek vas. Tog dek dit nie die volle lading nie. In wese kom Elsa Joubert se religieuse sienings sterk ooreen met ’n panteïs-tiese werklikheidsbeskouing wat glo dat God inherent aanwesig is in alle dinge, en is dit ’n afstandname van tradisionele Christelike op-vattings. Soos: “[d]aar is altyd gesê ons het almal ’n stukkie God in ons. Nou het dit plotseling in-gebrand, daardie nikswees is God” (192). Op ’n bykans mistieke manier word die innerlike ver-bondenheid van alle lewe beskryf in ’n liriese gedeelte (192 e.v.): “ons en plante en diere, ons is almal saamgeweef, die in- en uitasem, die in- en uitasem van dieselfde lug” (195).

Wanneer Spertyd goed bekyk word, blyk dit dat dit nie nét gaan om ’n ego-teks oor bejaard­heid nie; hierdie werk is sterk pragmaties en betrokke. ’n Baie groot gedeelte van die teks is boetedoening oor rassediskriminasie en handel oor aktuele politieke kwessies soos Afrikaner-identiteit (én Afrikaner-nasionalisme) en die Afrikaanse taal. Met N.P. van Wyk Louw se “lojale verset” maak sy korte mette.

Die eintlike boodskap: Afrikaner-identiteit bestaan nie, maar is ’n vindsel van Afrikaner-nasionalisme (met duidelike rasse-ondertone); “Identiteit” [. . .] “gaan oor veel meer as nasie, taal of herkoms, eksistensieel veel dieper” (188).

Dit kom weliswaar tot stand deur jou eie verlede, maar “Taal alleen is ek nie” (126); om ’n “Afrikaans-prater” te wees, is nie genoeg nie (190).

Identiteit ontwikkel deur empatieke omgang met alle mense (ongeag ras, geslag of taal).

Prof. Hennie van Coller
Meer oor:  Skrywer  |  Boeke  |  Pragmaties  |  Rubriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.