Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
En so byna was Zimbabwe deel van die RSA . . .

Robert Mugabe, wat nou so bontstaan om nie gepos te word nie, het dit seker al vergeet, maar sowat 100 jaar gelede was Zimbabwe, toe nog Suid-Rhodesië, amper ’n provinsie van Suid-Afrika.

Dit was in 1922, toe Mugabe net twee jaar oud was. Die aanloop was toe die British South African Company – wat Rhodesië tot toe as die persoonlike eiendom van Cecil John Rhodes geadministreer het – afstand gedoen het van sy regte en die sowat 8 000 stemgeregtigde blankes (5% van die bevolking) in ’n referendum tussen ’n selfregerende Britse kolonie of inlywing by Suid-Afrika kon kies.

Genl. Jan Smuts, die destydse Suid-Afrikaanse eerste minister, was ’n groot voorstander van inlywing. In ’n veldtog om steun daarvoor te werf, het hy Rhodesië deurkruis en oral vergaderings gehou.

Hoewel hy gewild was by die Rhode­siërs, het die meeste Engelssprekendes daarteen gestem. Hulle het geweet hul heil lê by Suid-Afrika, maar was katvoet vir moontlike Afrikaner-oorheersing.

Rhodesië het toe reeds ’n sterk Afrikanerbevolking gehad. Talle was suksesvolle boere, daar was Afrikaanse kerke en skole en Afrikaans was naas Engels die voertaal onder die blankes. Rhodesiërs het in Suid-Afrika kom vakansie hou en hul kinders na Suid-Afrikaanse skole en universiteite gestuur.

Vir Smuts was dit een van die grootste teleurstellings in sy loopbaan. Nog het gewag.

Inlywing by Suid-Afrika is met ’n klein minderheid uitgestem en Rhodesië het ’n Britse kolonie geword. Dit sou nietemin 40 jaar later as ’n soort “nie-amptelike provinsie” gehanteer word, veral wat die noue bande op ekonomiese en sportgebied betref. Rhodesiërs het in Springbokkleure vir Suid-Afrika rugby en krieket gespeel.

Vir Smuts was dit een van die grootste teleurstellings in sy loopbaan. Nog het gewag.

Van die Engelse se beloftes dat die Britse protektorate Swaziland, Basoetoeland (Lesotho) en Betsjoeanaland (Botswana) uit dankbaarheid vir Suid-Afrika se bydrae tot die Tweede Wêreldoorlog ingelyf kan word, het ook niks gekom nie.

Ook van Smuts en daaropvolgende Suid-Afrikaanse regerings se herhaaldelike pogings om Suidwes-Afrika by Suid-Afrika ingelyf te kry, sou uiteindelik niks kom nie.

Daarvoor is tot die bitter einde in die raadsale van die wêreld baklei, met tot in die 1970’s nog die versekering dat Suid-Afrika Suidwes “nooit” sal prysgee nie. Die gety daarteen was egter onkeerbaar.

’n Toenemende vyandige wêreld, gekant teen apartheid, en swiepende swart nasionalisme oor Afrika het die droom van ’n subkontinent geregeer deur wit mense wat met die moontlike inlywing van Rhodesië 95 jaar gelede aangevoor is, finaal gekelder.

Net soos wat Ian Smith, eerste minister van Rhodesië, sy belofte dat Rhodesië nie in “duisend jaar” aan ’n swart meerderheidsregering afgestaan sal word nie, moes sluk.

Daar word steeds bespiegel oor hoe sake sou verloop het as Rhodesië destyds by Suid-Afrika ingelyf is. Voormalige Rhodesiese politici soos Smith, Garfield Todd, sir Roy Welensky en Winston Field het die feit dat dit nie gebeur het nie in hul biografieë as ’n jammerlike fout bestempel.

Meer oor:  Johan Van Wyk  |  Zimbabwe  |  Suid-Afrika  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.