Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
FB sê hy verwyder miljoene plasings weens haatspraak
Facebook sê hy verwyder daagliks honderdduisende plasings wat haatspraak bevat. Foto: REUTERS

Tussen tien en 11 uit elke 10 000 plasings op Facebook bevat inhoud wat neerkom op haat­spraak.

Die sosialemediareus het vir die eerste keer syfers oor die voorkoms van haatspraak op sy platform bekend gemaak.

Die wêreld se grootste sosialemediaplatform word tans ondersoek oor hoe hy gebruikers hanteer wat sy beleid oortree, veral ten opsigte van die Amerikaanse presidentsverkiesing verlede maand.

Facebook het dié syfer pas in sy jongste kwartaalverslag vir die drie maande tot einde September bekend gemaak.

Daarvolgens het hy 22,1 miljoen plasings in die drie maande onder oorsig verwyder wat elemente van haatspraak bevat het.

95% daarvan is verwyder voordat dit deur ’n ander gebruiker aangemeld is.

Verskeie burgerregtegroepe het in die Amerikaanse somer druk op Facebook begin plaas om daadwerklik teen gevalle­ van haatspraak op te tree.

Die maatskappy het ingestem om statistieke oor haatspraak te bereken deur ’n verteenwoor­digende aantal plasings te onder­soek en om hom aan ’n onafhanklike oudit te onderwerp.

Facebook het meer as 265 000 plasings van Maart tot November van Facebook en Instagram verwyder.

Die oudit sal na verwagting “deur die loop van 2021” afgehandel wees, het Guy Rosen, hoof van veiligheid en integriteit by Facebook, gesê.

Die Anti-Defamation League, een van die groepe wat druk uitgeoefen het op Facebook, sê die maatskappy gee nog nie genoeg konteks vir sy eie beoor­deling van hoe hy gevaar het in die verwydering van haat­spraak nie.

“Ons weet steeds nie hoeveel plasings deur gebruikers uitgewys word as haatspraak of hoeveel daarvan verwyder is nie,” het Todd Gutnick, woordvoerder van die liga, gesê.

Dié data is van belang, want “daar is baie vorme van haat­spraak wat nie verwyder word nie, selfs nadat dit aangemeld is”.

Twitter en YouTube openbaar nie vergelykbare syfers van gevalle van haatspraak op hul onderskeie platforms nie.

Rosen sê voorts Facebook het meer as 265 000 plasings van Maart tot November van Facebook en Instagram verwyder. Hierdie plasings het sy reëls oortree omdat dit by kiesers se besluit in die verkiesing probeer inmeng het.

Facebook het in Oktober gesê hy gaan voortaan plasings verbied­ wat ontken die Joodse volksmoord het ooit plaas­gevind.

Dit is ’n ommeswaai van die aanvanklike kommentaar van sy uitvoerende hoof, Mark Zuckerberg, wat gesê het sulke plasings kom nie neer op haat­spraak nie.

Facebook het in dieselfde kwartaal 19,2 miljoen grafiese en gewelddadige plasings verwyder teenoor 15 miljoen in die voorafgaande kwartaal.

4,1 miljoen gewelddadige en grafiese plasings is van Instagram verwyder.

4,1 miljoen gewelddadige en grafiese plasings is van Instagram verwyder.

Zuckerberg en Jack Dorsey, uitvoerende hoof van Twitter, is vroeër deur lede van die Amerikaanse kongres ondervra oor hul platforms se beleid rakende die modereer van inhoud.

Republikeinse kongreslede beweer die platforms tree onregverdig op en verwyder meer plasings van konserwatiewe kommentators.

Zuckerberg het voor dit op ’n personeelvergadering gesê Steve Bannon, voormalige raadgewer van pres. Donald Trump, het nog nie genoeg van Facebook se reëls oortree om die verwydering van sy profiel te regverdig nie.

Bannon het vroeër onder skoot gekom nadat hy die onthoofding van twee Amerikaanse amptenare in ’n Facebook-plasing gevra het.

Menslike modereerders funksioneer nog nie optimaal nie weens die koronavirus­pande­mie wat baie dwing om van die huis af te werk.

Facebook is ook onlangs gekritiseer omdat hy toegelaat het dat groot Facebook-groepe vals inligting oor die verkie­sing deel.

Die maatskappy reken hy raak elke dag beter daarmee om inhoud te verwyder wat sy reëls oortree nog voordat gebruikers dit kan aanmeld, danksy verbeteringe in kunsmatige intelligensie.

Menslike modereerders funksioneer nog nie optimaal nie weens die koronavirus­pande­mie wat baie dwing om van die huis af te werk.

In ’n omstrede stap het Facebook glo hierdie werknemers gevra om terug te keer kantoor toe.

Meer as 200 van sy modereerders het toe in ’n ope brief kapsie gemaak daarteen en gesê die maatskappy stel hul lewe onnodig in gevaar.

Facebook voer aan sy kantore voldoen aan of oorskry die riglyne­ vir ’n veilige werkruimte. – Reuters

Meer oor:  Sosiale Media  |  Haatspraak  |  Facebook  |  Plasings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.